kategorieë: TrendsMode

Versier jou denims!

Denim is baie neutraal, daarom is dit ’n gewilde materiaal om as ondertoon vir versierings te gebruik. Dit laat enige kleur en tekstuur uitstaan. Ontwerpers soos Gucci hou daarvan om die skouers, krae en vertikale lyne van ’n broekspyp te versier met blom-, blaar en dierpatrone. Bly by klassiek en hou by een fokusitem, of dra dit in oormaat met ’n ontwerp op elke kledingstuk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto’s: Instagram @gucci

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baadjies

Beweeg van vintage na pop-kultuur in een naaldwerksessie. Oorgroot denimbaadjies saam met ’n wit kraaghemp en eenvoudige broek is een van die standaardstyle as dit by vintage-volgelinge kom. Kikker hierdie voorkoms op met modieuse patrone en spotprentmotiewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Denims

’n Denim moet aan baie standaarde voldoen as dit by ’n uitrusting kom – styl, gemak, kleur en mode. ’n Mens is geneig om gunstlingbroeke herhaaldelik te dra, maar met die regte versierings kan jy jou gunstelingdenim opvrolik. Die blinker- en denimkombinasie is hierdie jaar steeds groot nuus op die loopplanke. Dekor op die naat van die broekspyp help vir ’n verslankende voorkoms terwyl versierde agtersakke jou bates beklemtoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skoene

Skoene kan ook deesdae as fokusitems gedra word. En hoe beter as om dit met kleurryke patrone en motiewe op te tower! Skoene word veral met borduurwerk versier wat ’n luukse voorkoms skep. Dit kan saam met ’n klassieke kraaghemp en broek gedra word of selfs saam met ander patrone. Kies egter ’n patroon/kleurpalet wat saam met baie van jou klere in jou kas pas, sodat dit steeds stylvol lyk.

Ken die verskil

’n Mens is geneig om appliekwerk met borduurwek te verwar, omdat dit amper dieselfde voorkoms het. Appliekwerk is egter wanneer ’n kleiner stukkie materiaal (gewoonlik ’n pronkpleistertjie, lint of ander aanwerklappies) op ’n groter stuk materiaal aangewerk word. Met borduurwerk word patrone en motiewe direk op die materiaal gewerk met ’n spesifieke naaldwerkvernuf en -tegniek.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

13 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

18 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

19 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

20 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

20 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.