Verseker jou fiets: 9 belangrike dinge wat jy moet weet

Verseker jou fiets: 9 belangrike dinge wat jy moet weet deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou ysterperd kos dalk nie soveel as Chris Froome se Pinarello K10S van ongeveer R245 500 nie, maar dis steeds groot skade as dit gesteel of in ’n ongeluk beskadig word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sjoe! Oefen só as dit warm is en bly gesond

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

9 belangrike dinge wat jy moet onthou wanneer jy jou fiets verseker

Of jy jou fiets op ’n fietsrak vervoer en per motor Kaap toe reis, jy dit self saam met jou op die vliegtuig vervoer en of jy van ’n vervoermaatskappy gebruik maak, daar is heelwat valstrikke wat jy in gedagte moet hou. ’n Paar jaar gelede het ’n vervoertrok met fietse byvoorbeeld aan die brand geslaan!

1 Gewone huisversekering tel nie orals nie

Marius Neethling van Santam sê jou fiets is gewoonlik onder jou gewone huisversekering gedek vir diefstal uit jou huis. As dit egter elders gebeur, is dit nie verseker nie. Dan moet jy dit as deel van die “alle risiko” (all risks) afdeling verseker. Gesels met jou versekeraar om duidelikheid te kry oor watter dekking jy het.

2 Dink aan hoeveel dit gaan kos om jou fiets te vervang

Verseker jou fiets vir die bedrag wat dit gaan kos om die fiets te vervang en nie net vir die bedrag wat jy daarvoor betaal het nie.

Lees ook: Die een groot slaggat waarvoor jy moet oppas met motorversekering

3 Besonderhede is belangrik

Gee soveel as moontlik inligting oor die fiets: handelsmerk, model, reeksnommer, en aankoopprys.

4 Wees eerlik

Wees eerlik met jou versekeraar oor alles wat jy op jou fiets het. Spesifiseer as jy ’n fietsrekenaar het, “dropper post” of ekstra koolstofwiele. Dit sal die waarde opstoot.

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n nuwe kar koop

5 Pret of werk?

Spesifiseer of jy die fiets as ’n amateur of professionele ryer gebruik.

6 Maak seker jy het reisdekking

Vind vooraf uit of jou fiets gedek word vir reis. As jy van ’n vervoermaatskappy gebruik maak, vind uit of hulle die versekering dek. Anders moet jy self daarvoor voorsiening maak.

Lees ook: Bergfietsry: Oorwin sagte sand

7 Belê in ’n houer

As jy self jou fiets op die vliegtuig vervoer, belê in ’n goeie fietshouer wat jou fiets teen stampe en stote gaan beskerm. Vele fietsryers het al teleurgesteld ’n wedren of toer gemis weens ’n fiets wat in ’n kartondoos op ’n vlug beskadig is.

Lees ook: Die beste raad om switchbacks baas te raak

8 Oorweeg om jou toerusting te verseker

Goeie fietryskoene kan jou ’n paar duisend uit die sak jaag. Diesefde geld vir jou valhelm, en fietsrybroek. Ek het al ryers gesien wat na ’n val eerste gekyk het of hul duur Assos-fietsrybroek (ongeveer R2,600) ongeskonde is voordat hulle vir bloed en kneusplekke gevoel het. Dit is dus die moeite werd om jou toerusting ook in jou versekering in te sluit as jy reis.

Lees ook: Wat jy moet pak vir ’n multi-fase bergfietsmaraton

9 Hersien jou versekering jaarliks

Hersien jou versekering jaarliks om te verseker dat die bedrag wat uitbetaal gaan word, genoeg sal wees om ’n fiets van ooreenstemmende waarde te koop.

Lees ook: Oefen vir steil opdraandes – ons het die beste raad

Lees ook: Die geheim agter bergfietssukses

Te oud vir oefening? Dink weer!

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.