kategorieë: Kos

Lê dit in!

Basiese vrugteblatjang

600 gram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Basiese en geurige blatjangresep wat jy kan gebruik -goed vir dadels en droëvrugte. Gebruik 450 g vars vrugte in die plek van die 300 g droeë vrugte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 5 ml (1 t) piment
  • 5 ml (1 t) mosterdsaadjies
  • 5 ml (1 t) gemaalde koljander
  • 1 klein kaneelstokkie
  • 300 g droëvrugte of 450 g vars vrugte, geskil
  • 450 g Granny Smith-appels, geskil, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 ui, geskil en fyn gekap
  • 750 ml (3 k) witwynasyn
  • 225 g sultanas
  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 5 ml (1 t) sout
  • 4 cm gemmer, geskil en fyn gerasper
  • 450 g warm suiker

1 Vou die speserye in ’n moeselienlappie toe en bind met tou vas.
2 Sit die droëvrugte, appels, ui, asyn en speserye in ’n middelslagkastrol en verhit tot kookpunt. Roer deurentyd. Prut vir 10 min.
3 Voeg die res van die bestanddele by en roer oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut vir sowat 1 uur tot dik maar steeds sappig. Roer deurentyd.
4 Verwyder die speseryelappie en gooi die blatjang in ’n warm, gesteriliseerde bottel. Seël dig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blatjangbroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 4

  • 8 dik snye plaasbrood, gerooster
  • 8 skywe goeie ham
  • 2 pere, in dik skywe gesny en in ’n pan in ’n bietjie botter gebraai
  • 1 middelslag-camembertwiel, in dik skywe gesny
  • tuisgemaakte blatjang
  • ’n hand vol roketblare

1 Sit eers die ham op ’n sny brood, gevolg deur die pere en camembert en eindig met lepels vol van die blatjang en vars roketblare. Sit ’n sny brood bo-op en smul.

Basiese ingelegde vrugte in stroop

Genoeg vir 6

Hier is ’n goeie, basiese stroopresep waarin jy enige vrugte kan inlê.

  • 6-8 perskes
  • 1½ liter water
  • 1 kg (4 k) strooisuiker
  • 1 vanieljepeul, in die lengte middeldeur gesny

1 Sny ’n 2 cm-kruisie aan die onderkant van elke perske.
2 Sit die water, suiker en vanieljepeul in ’n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot die suiker heeltemal opgelos is en bring tot kookpunt. Kook vir 20 min.
3 Sny ’n sirkel so groot soos die kastrol uit bakpapier. Sit die perskes in die stroop en bedek met die bakpapier. Kook vir sowat 10 min. of tot die perskes sag is, maar nog hul vorm behou.
4 Laat effens afkoel en trek dan die skille af. Skep die perskes en stroop in gesteriliseerde bottels.

Basiese sagte vrugtekonfyt

Dié verhouding van suiker en vrugte werk goed vir sagtevrugte soos appelkose, perskes en pere en bessies soos aarbeie en frambose.

  • 1 kg sagtevrugte soos frambose, aarbeie of pere
  • uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
  • 800 g warm gemaakte suiker

1 Sit die vrugte en suurlemoensap in ’n groot kastrol en verhit stadig om al die sappe te onttrek. Voeg 200 ml water by indien jy vrugte soos pere, appelkose of perskes kook.
2 Druk die vrugte met ’n vurk fyn en kook tot hulle sag is en daar baie sap is.
3 Voeg die warm suiker by die vrugte en kook stadig tot die suiker gesmelt is.
4 Verhoog die temperatuur en laat vinnig kook tot die konfyt begin verdik (afhangende van hoeveel vog die vrugte bevat het). Toets dan of dit by setpunt is (kyk onder).
5 Skep die konfyt in warm, gesteriliseerde bottels.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.