10 salotte, geskil (of nog uitjies as jy nie kan kry nie)
2 heel knoffelknolle, bokante afgesny sodat die huisies bo oop is.
8 tiemietakkies
150 g botter, in blokkies gesny
45 ml (3 e) olyfolie
Deeg
500 g (830 ml) meel
1×10 g-sakkie gis
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) water
15 ml (1 e) vinkelsaad
15 ml (1 e) speserymengsel
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml(1 e) gekapte knoffel
60 ml (¼ k) geroosterde dennepitte of sonneblomsade, vir opdiening
125 ml (½ k) crème fraîche, vir opdiening
orego takkies, vir opdiening
tiemie takkies, vir opdiening
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Uitjies 1 Sit die uie, knoffel, tiemie en botter in ’n oondpan. Sprinkel die olie oor die knoffel en rooster vir 45 min. of tot sag en gekaramelliseer.
Deeg 2 Meng die meel, gis en sout met ’n spaan in die mengbak van ’n elektriese staanmenger. Voeg die water stadig by en meng vir 3-5 min. met ’n lae spoed tot dit bymekaarkom. Meng vir nog sowat 4 min. Bedek met ’n vadoek en laat rus vir 30 min. of tot dubbel die grootte. 3 Verhoog die oondtemperatuur tot 210 °C en sit ’n bakplaat daarin om warm te word. Verdeel die deeg in 2, rol liggies uit en strooi van die vinkelsaad en speserymengsel oor. Rol die speserye in die deeg vas en rol die deeg dun uit. 4 Verf met olyfolie en knoffel en sit op die voorverhitte bakplaat. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin. 5 Druk die sagte knoffel uit die huisies uit en meng met die crème fraîche. 6 Pak die uitjies op die deeg, gevolg deur dennepitte, groot eetlepels van die knoffel crème fraîche, sagte orego- en tiemietakkies. Sny in stukke en sit voor.