’n Paar vy-wenke
• Kies vars vye wat plomp, effens sag en sonder kneusplekke is.
• Spoel af net voordat jy dit eet. Stoor in die yskas vir hoogstens drie dae.
• Groen vye kan by kamertemperatuur, maar weg van direkte sonlig, gestoor word.
• Vye is propvol natuurlike suiker, minerale en vesel.
• Droë vye bevat 250 mg kalsium per 100 g in vergelyking met 118 mg in volroommelk.
• Vye in jou dieet kan help met die liggaam se pH-balans, bloeddruk en die spysverteringstelsel
Sit vye so voor
• Maak ’n vars slaai met vye, vars vinkel, parmaham en parmesaan.
• Vul met sagte bokmelkkaas en strooi neute oor.
• Bak groenerige vye in vanieljesuikerstroop of soetwyn en geur met kaneel, sitrusskil en heuning.
• Bak vye in rooiwyn en sit voor met crème fraîche of suurroom.
Ons 5 lekkerste resepte met vye
Pruim-en-vye-tert met dubbelroomvla
Fantastiese vye-en-roosmaryn-koek
Gebakte groenvye in ’n suikerkors met sjerrie-sabayon en kruiekoekies