kategorieë: ReisOntspanning

Verrassings op ’n V&A Waterfront-bootrit

Daar is ’n dosyn of wat maatskappye wat ’n Waterfront-bootrit aanbied. Watter een is die beste? Dit kan ek jou nie sê nie, maar die Waterfront Harbour Cruise wat van die kaai reg agter die Akwarium vertrek, was heerlik en interessant. En elke sent werd – slegs R40 per persoon, vir sowat ’n halfuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die boot is die ene outydse sjarme. Rooigeverfde houtwerk en ’n eg Kaapse kaptein aan die roer, wat ons galant aan boord help. Riaan Cruywagen is ons toergids – as die stem op die oudiogids. Die oudio is beskikbaar in 15 tale, en mens luister met trots na die professionele gehalte daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar dit gaan eintlik oor die belewenis en wat sal jy op jou Waterfront-bootrit sal sien. Hier is 5 hoogtepunte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Die storie van die visserskuite op die V&A Waterfront

Een van die skilder Isabel le Roux se temas wys die visserskuite van die Kaapse hawe. Ek het altyd gedink dit is maar kunstenaarslisensie – iets wat sy inwerk om haar skilderye van die Kaapse hawe ekstra kleur te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar nee, daar is twaalf egte houtvisserskuite op die hawe, aan die kaaikant van die groot Standerd Bank-kantore. Dit behoort aan die Portugese vissersgemeenskap. En hulle is nie visserskuite nie, maar tunabote, vertel Riaan.

Hierdie vissermanne het die kuns bemeester om tuna sonder ’n net te vang. Hulle blaas water deur ’n pyp die see in, om die beweging van ’n skool sardiens na te boots. Dit lok die tuna, en so vang die slim vissermanne die visse maklik.

2 Duikerneste op die groot buitebande

Elke kaai in die wêreld, lyk dit my, gebruik groot buitebande as buffer tussen die bote en die kaaikant. Wat ons verras, is dat ’n hele kolonie duikers die binnebande in ’n stil hoek as veilige nesmaakplek gebruik. Hierdie ‘duiwe van die see’ kyk rustig toe terwyl toeriste met ’n ‘That’s awesome’ hul lang lense en selfone op die ongeërgde voëls rig.

Dit is beslis ’n moet vir fotograwe: hierdie Waterfront-bootrit gaan jou die mooiste kanse vir foto’s gee – van waterkaatsings, ongewone hoeke van Tafelberg en Seinheuwel, nabyskote van robbe, mossels en reusehyskrane en al die dinge waarna fotograwe oplet.

3 Die Tatoosh … of ’n ander beroemde seiljag?

Ons vaar deur die haweseksie vir superluukse seiljagte. Daar lê ’n paar grotes, maar hulle lyk na speelgoed teenoor die Tatoosh.

Nie tattoes, soos ’n aangeklamde dit sou uitspreek nie. Die Tatoosh is Paul Allen se seiljag. Paul, Bill Gates se vennoot. Dit is ’n baie ryk man se speelding, te oordeel aan die twéé helikopters op sy dek. Dit dra ook sy eie seiljag en kragboot saam, en teen 92 m is dit net agt meter korter as ’n rugbyveld.

Jy sal nie elke dag die Tatoosh hier raakloop nie, maar as die superrykes per seiljag in die Kaap vasmeer, is dit waar jy hulle sal kry.

Die skipper wys ons ook waar SA Agulhas vasmeer. Sy is ook vandag in die hawe. Ons sien hulle is besig om haar te laai. Kan jy jouself indink jy is op ’n bootrit in die waterfront wanneer die navorsingspan na Antarktika vertrek of daarvandaan terugkeer? Opwindende tye.

4 Die hoogste, die grootste, die meeste en die enigste in Afrika

Dit is ongelooflik om te hoor dat die nederige hawetoring eens op ’n tyd die hoogste konstruksie op die Afrika-kontinent was, ná die piramide. Dit is beswaarlik drie verdiepings hoog. Gelukkig hou die toring nog ’n rekord: dit is die grootste verkeerslig in die stad.

Terloops, het jy al die lang ry spitsdakkies gesien as jy van die V&A na Gordonsbaai se koers kyk? Dit was die oorspronklike graansilos op die hawe, toe ons nog koring uitgevoer het. Tel gerus of jy al 42 daarvan raaksien. Dit was ook op ’n stadium die meeste silos bymekaar. Vandag word dit as kantore gebruik.

Jy sal ook onderdeur die Bascule-brug vaar. Dit lyk nie na veel nie, maar dit is die enigste valbrug in Afrika.

Onthou om luglangs te kyk na die reusehyskrane wat bote van tot 1 800 ton kan oplig en in een van die verskeie droogdokke plaas. Die Kaapse droogdokke is besig. Net soos ’n motor moet elke boot een keer per jaar versien word, en jy sal soms interessante bote in die Duncan- en Sturrock-droogdokke aantref.

5 Kaapse Waterfront-hotelle se ou-ou stories

Die V&A Waterfront was nie altyd ’n speelplek vir toeriste en rykes nie. Elkeen van die ou geboue was eens op ’n tyd ’n dienskneg.

Die statige Victoria & Albert Hotel het sy dae as ’n nederige pakhuis begin.

Die Hildebrand, wat vandag ’n fynproewersmekka is, was die oorspronklike hawekêffie waar die rofste matrose van die wêreld fieshintjips, smokes en hardehout ná ure kon koop … en daarna behoorlik vuis geslaan het.

Die Cape Grace is gebou in die vorm van ’n skip.

Wenke

  • Sit aan die regterkant van die boot – aan stuurboordkant. Om dit meer verstaanbaar vir ons landrotte te stel, aan die kaptein se kant. Daardie kant was die meeste van die tyd die naaste aan die interessantste dinge, met die beste fotokanse en die minste son.
  • Dit is koeler op die water. Neem ’n baadjie saam.
  • Jou naaste parkeerplek is die parkeergarage regoor die Akwarium. (Dit is deesdae ook die goedkoopste parkering op die V&A Waterfront.)
  • Doen ’n fietsrit. So in die verbyvaar sien ons wat ons volgende gaan doen: fietsry al met die kaaie langs. Upcycles het ’n drop ’n go diens. Jy kan net in die hawe rondry, of ry Seepunt toe. Of selfs na Kampsbaai, en kom dan met die Citibus terug. Fooie wissel tussen R60 per uur tot R220 vir ’n vol dag, kopskerm en slotte ingesluit.
Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

10 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

13 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

14 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.