Vraag
Wat kan ek doen om te verhoed dat hormoonpuisies nie maandeliks hul opwagting maak nie? – Cornel Smith
Antwoord
’n Wisseling in hormoonvlakke tydens menstruasie is ’n algemene rede vir opflikkering van aknee. Die beste manier om dit te voorkom, is deur ’n gekombineerde estrogeen-Pil te neem. Dit hou die hormoonvlakke baie meer konstant en voorkom dié lastige probleem. As dit nie werk nie, is daar nog vele ander opsies (soos akneerome en sistematiese antibiotika wat Vitamien A bevat), wat jy met jou dermatoloog kan bespreek.
*Dr.Willie Visser, Dermatoloog aan die Universiteit van Stellenbosch, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Tygerberg-hospitaal, Kaapstad