Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Met die oorgrootte styl wat nou die voorgrond neem, is dit maklik om die vorm van jou figuur te verloor. ’n Lospassende trui saam met ’n wyepypbroek kan jou, byvoorbeeld, soos ’n reghoek sonder ’n middellyf laat lyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dis wat jy kan doen om dit te vermy:
Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die lewe is te kort om jou in ongemaklike style in te forseer. Hoewel die slagspreuk “beauty knows no pain” ’n gewilde mode-motto is, is dit nie die moeite, geld of energie werd om jou dag in ’n slegte bui aan te pak omdat jou nuutste skoene of bloes met ’n lae hals ongemak veroorsaak nie. Met die verskeidenheid modes wat vandag tot jou beskikking is, is dit moontlik om die styl van jou voorkeur te kies en dit net op te kikker met ’n item in die nuwe tendens. Identifiseer jou styl, hetsy dit klassiek of meer gewaagd is, en dra ’n uitrusting met selfvertroue – selfvertroue rond onmiddelik jou voorkoms af.
Daar is niks so indrukwekkend soos ’n vrou wat haar ouderdom omhels nie. Aanvaar en eksperimenteer met die nuwe fases van jou lewe. Kies klere wat jou voorkoms vlei en waarvan jy regtig hou. Maak seker jou uitrusting weerspieël jou persoonlikheid en wie jy nou is. Dit beteken egter nie jy kan nie meer met die nuutste trends waag of ’n speelse voorkoms aanpak nie, maar dit is belangrik om jou beste bates te identifiseer en te beklemtoon.
Om jouself agter elke nuutste trend aan bankrot te koop, gaan jou beursie baie vinnig leeg laat. Kyk watter nuwe trends die beste by jou en jou klerekas pas en speel rond daarmee vir ’n vars voorkoms. Stileer die nuwe trends volgens jou unieke smaak. As jy egter voel dat een van die grootste trends van daardie seisoen nie vir jou werk nie, beweeg net aan na die volgende gier toe. Daar is altyd iets nuut aan’t gebeur …
Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak
… is duur koop. Daar kom ’n tyd jou lewe waar jy eerder in egte leer moet belê in plaas daarvan om elke tweede jaar ’n nuwe kunsleer-item te koop – oor die lang duur kos dit minder. Hierdie stelling is veral van toepassing op klassieke en luukse items soos leerbaadjies, stewels, en netjiese jasse. Mode-voorlopers bieg wel dat ’n mens ook nie ’n arm en been moet betaal vir stapelitems soos ’n skoon, wit T-hemp nie. Dit is belangrik om die waarde en kwaliteit van items hier in ag te neem. Dit is byvoorbeeld slim om in materiale soos denim te belê, omdat die sintetiese denimmateriaal dikwels uitrek, vinnig verblyk of onbetroubaar krimp as jy dit was. Dink eerder so oor klassieke items: “Vir nou is vir ewig.”
Lees ook: Hoe om die perfekte denimpaar te koop
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.