kategorieë: InspirasieJou lewe

Verminder trauma met Tension Release Exercise (TRE)

Lees ook: Jy kan trauma verwerk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verstaan TRE

Kyk na ’n vyf minute-lange video wat TRE voorstel by treforafrica.com – dit gee jou onmiddellik ’n greep op die tegniek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

TRE op die Kaapse vlakte

  • Vroue te voet

In Bonteheuwel op die Kaapse vlakte het ’n vrouegroep, die Bonteheuwel Walking Ladies of BWL, in 2007 vlam gevat. Soraya Salie, die stigter, het jare lank intense gesondheidsuitdagings ervaar en talle operasies ondergaan. In ’n stadium het haar studie van die Heilige Koran haar geïnspireer om haar oënskynlik hopelose gesondheidsituasie in ’n nuwe lig te sien, en treetjie vir treetjie daarvan beheer te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Saam met ’n vriendin het Soraya elke oggend om Bonteheuwel begin stap, en ander vroue genooi om saam te stap. Die groep het gegroei, en Soraya het die stadsraad genader om gratis gebruik van die Bonteheuwel Gemeenskapsentrum te verkry. Die Bonteheuwel Walking Ladies Club is amptelik gestig en het Maandag- en Woensdagoggende ontmoet. Vroue van 21 tot 87 se missie was om saam te stap ter wille van beter gesondheid en om hulle gemeenskap op te hef.

Organisasies soos die South African Faith and Family Institute, Embrace Dignity, die Saartjie Baartman Centre for Women en ’n rits ander het betrokke geraak om die vroue van die gemeenskap toe te rus om hul individuele en gesamentlike uitdagings – armoede, misdaad, gesinsgeweld, mishandeling, die uitwerking van middelmisbruik, ensovoorts – die hoof te bied. In 2016 het Soraya die WIWISA – oftewel Women in Islam Women in South Africa-toekenning van die International Peace College of South Africa ontvang.

  • TRE en die Bonteheuwel Walking Ladies

In Oktober 2016 het ’n groepie TRE-praktisyns onder leiding van dr. Melanie Salmon en Desiree English die eerste sessie van ’n ses weke TRE-reeks aan die Bonteheuwel Walking Ladies gebied. Dit was ’n wen-wensituasie: twee van die praktisyns het opleidingservaring met ’n groep gekort, en die vroue van die BWL was gespanne en getraumatiseer weens hul moeilike omstandighede. Na die inleidingspraatjie het 53 van die die 60 lede vir die TRE-reeks ingeskryf.

Die groep het “Release for Peace” as hul tema gekies. Die drie fasiliteerders en vyf fasiliteerders-in-opleiding het die dames in kleiner groepe opgedeel . Hulle kon skaars uitgepraat raak oor die dames se moed, toewyding en gewilligheid om TRE ten volle te omhels.

Binne slegs drie weke het die vroue reeds meer kalmte, beter slaapgehalte en minder liggaamspyn beleef, asook ’n groter sin vir “eenheid met hulself”. Hulle kon hul gesinne en familie veel beter ondersteun. In Suid-Afrika, waar soveel gemeenskappe getraumatiseer is, kan Tension Release Exercise ’n reuseverskil maak!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.