Die uitstalling se Poison in Myth and Legend-afdeling fokus op gif in die natuur en literatuur. Jy kry van die broeders Grimm se sprokie oor Sneeuwitjie en die giftige appel tot Shakespeare se hekse in Macbeth wat ’n heksebrousel van onder meer giftige wolfswortel en dollekerwel gekook het.
Gif loop soos ’n dodelike draad van verraad en sameswering deur verskeie stories. Selfs in Alice in Wonderland kan die Mad Hatter se vreemde optrede op die teepartytjie moontlik op loodvergifting in die hoedmakerbedryf dui …
Vanaf 24 Junie tot 24 Augustus 2016 by Silverstar Casino in Johannesburg te sien. Kaartjies kos tussen R85 en R140.
Besoek www.exporsa.co.za vir meer inligting. Bel +27 021 418 0738 of stuur ’n aan e-pos aan [email protected]