Jo is haar lewe lank al aan die vlug: van haar familie en die plaas Verlorenkop; van die land se beklemmende politiek; van haar eie seksualiteit. Haar expat-lewe in Kanada hink voort ná haar kleuterseun se dood. Maar wanneer ook haar man sterf, moet Jo – bewapen met haar lesbiese tannie Christine se vroualleen-plaasdagboeke – oplaas in die Karoo tot self kom, en tot vrede met al die vroue in haar lewe: tant Christine met haar treurige liefdesgeskiedenis, verby voor dit nog kon begin; Christi, Jo se violis-dogter en agtergeblewe helfte van die tweeling; Lara wat Jo al dekades ken en by was toe die baba begrawe moes word; joernalis Marga met haar eie skrynende geskiedenis van genderkwellinge; en oplaas, ná baie jare, ook Muriel – die sensuele skoonheid by wie alles vir die jong Jo begin het.
Uitgewersprys R240
rooi rose R216