Foto’s: Instagram en verskaf.
1. Neels van Jaarsveld & Gerna Sivewright
Die geliefde akteur Neels van Jaarsveld en die kunstenaar, Gerna Sivewright, het Maandag hul verlowing op sosiale media aangekondig. Die paartjie is al sowat twee jaar saam en lyk dolgelukkig om hierdie volgende hoofstuk in hul liefdesverhaal te begin.
Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof
View this post on Instagram
2. Katja Pieters & Jonathan Tattersall
Katja, een van die gewildste deelnemers aan die realiteitsreeks Op my Eish!, het ja gesê toe haar kêrel, Jonathan Tattersall, die groot vraag in Maart vanjaar gevra het. Die romantiese oomblik het in Krisjans Bistro plaasgevind, die restaurant in Windhoek waar hulle albei werk.
View this post on Instagram
3. Rachelle Fourie & Roubert Rousseau
Nog ’n Op my Eish!-gunsteling, Rachelle Fourie, en haar tall, dark and handsome verloofde, Roubert Rousseau, haak binnekort af! Die paartjie het verlede jaar in November verloof geraak.
View this post on Instagram
4. Ard Matthews & Tanya van Graan
Die Just Jinjer-voorsanger en musikant, Ard Matthews, het onlangs vir ‘n romantiese en onvergeetlike oomblik by ‘n vertoning gesorg toe hy op cafe Roux in Noordhoek se verhoog op een knie gesak het en sy aktrise-model lewensmaat, Tanya van Graan, gevra het om met hom te trou.
Lees ook: ARD Matthews en Tanya van Graan het sopas ‘n liedjie vrygestel en ja, hulle is verlief!
View this post on Instagram
5. Lulani Vermeulen & Bianca
Die Vrystaatse boervrou van Boer Soek ‘n Vrou se 16de seisoen het dalk nie liefde op die maatsoekprogram gevind nie, maar dit was net die begin van haar liefdesverhaal! Kort ná die program het Lulani Vermeulen haar sielsgenoot, Bianca, ontmoet – en nou is die twee al sowat drie maande verloof!
6. Daandré Coetzee & Marisca Kriel
Nog ’n Boer Soek ‘n Vrou-sprokie! Daandré Coetzee, een van die boere van die nuutste seisoen, het reeds in Desember verlede jaar die groot vraag gevra. Hy het Marisca, wat sommer vroeg in die program sy voete onder hom uitgeslaan het, met ‘n pragtige verloofring tydens ‘n foto- en videosessie op Letamo wildsplaas buite Krugersdorp verras.
View this post on Instagram
7. Dricus du Plessis & Vasti Spiller
Die UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis het vanjaar ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry toe sy meisie, Vasti Spiller – ingestem het om met hom te trou na hy vir haar die jawoord by sy 31ste verjaarsdagviering op 14 Januarie gevra het.
Die verliefde paartjie het in die restaurant Upper East Side in Hazelwood, Pretoria voor ‘n klomp van hul naastes verloof geraak. Vasti, ‘n fotograaf en skrywer, het op Instagram ‘n video gedeel van Dricus wat in ‘n pak geklee, voor haar kniel en haar vra of sy die “Du Plessis-tatoe sal wil hê.”
Lees ook: KYK | Dricus du Plessis vier sy verjaarsdag én verlowing!
View this post on Instagram
8. Jannie van den Heever en Mika de Villiers
Jannie en Mika – deelnemers aan Klein paradys, kykNET se realiteitsreeks waar ses spanne teen mekaar meegeding het om ’n mikro-eenheid in te rig – het verlede jaar in Desember op die strand by Bloubergstrand verloof geraak.
“Ons het ontmoet toe ons in dieselfde gebou gewerk het. Dit het hom ’n rukkie geneem om my uit te vra vir koffie, maar daarna het ons net geweet ons is vir mekaar bedoel,” sê die 24-jarige Mika.
Lees ook: Klein paradys se Jannie en Mika is verloof!
View this post on Instagram
9. Beer Adriaanse en Carla Smith
Die akteurspaar het al in 2023 verloof geraak en het dit tot nou toe nie op sosiale media bekend gemaak nie. Beer het dit wel in ‘n vorige onderhoud met rooi rose bevestig. Beer is bekend vir sy rolle in Wonderlus, Kanarie, Hotel en Taktiek, en jy sal Carla vir haar toneelspel in veral Tydelik terminaal, Mooiweer en warm en Troukoors herken.
View this post on Instagram
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg