kategorieë: WenkeMode

Verleng jou trui se lewe

Verleng jou trui se lewe deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder Hooffoto: Cotton On

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

10 wenke om jou trui se lewe te verleng

Foto: Madison Inouye vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 . Verstaan die tekstiel

Voor jy ’n trui koop, bestudeer die weefwerk van die materiaal (veral op wol- en kasjmier-items). Die weeftegniek en tipe wol moet styf voel: Hoe losser die weefsel, hoe groter is die kans dat jou trui klein wolballetjies gaan vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Werk saggies met jou trui

Dit is nie goed om jou trui te veel te hanteer nie – dit sluit in die manier hoe jy die trui was, ophang, droogmaak en wegpak. Anders as katoen en sintetiese materiale hoef wol nie gereeld gewas te word nie. Soms kan jy net die vlekke behandel en dit buite oor ’n tafel of droograk hang. Jy sal verbaas wees hoeveel langer jou trui sal hou as jy dit versigtiger hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

3. Weet hoe om jou trui te was …

Deesdae hoef truie nie meer nét met die hand gewas te word nie. Die beskermende waslagie op wolvesels maak wolprodukte bestand teen vlekke en hulle gaar ook minder stof op aangesien wol natuurlik anti-staties is. Dit beteken jy kan jou trui op ’n ligte siklus in die wasmasjien was sonder om die materiaal te beskadig.

4. … Maar wees tog versigtig

Met verloop van tyd sal natuurlike liggaamsolies, sweet en parfuum op die trui opbou. Dié opbou kan veroorsaak dat die beskermende vesels van die trui afbreek. Met betrekking tot die vorige wenk, moet jy steeds woltruie versigtig hanteer – jy kan dit liggies, met min seep en koue water met die hand was of op die wolsiklus in ’n wasmasjien. Dit verhoed dat die trui krimp. Verwyder dan oortollige water met ’n handdoek deur die trui in ’n handdoek toe te rol en saggies te druk.

5. Moet dit nie lank in water los nie

As jy jou trui was, moet dit nie te lank in water laat week nie. Wol hou nie van langdurige blootstelling aan water nie en kan jou trui vinnig laat uitrek of die kwaliteit beskadig.

6. Moenie jou trui ophang nie

Moet nooit ’n trui hang om dit droog te maak nie, dit kan die weefsel rek (veral wanneer die vesels swaar is met water) en vernietig jou kledingstuk se vorm. Laat jou trui plat lê oor ’n droograk.

Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak

7. Was al jou truie saam

Harde materiale soos denim kan wolballetjies veroorsaak op wol en ander delikate materiale. Net soos met jeans, is dit beter om jou trui eers om te dop voordat jy dit was. Vir ekstra beskerming, hou breistofitems apart in ’n onderklere-sakkie.

8. Los eerder die tuimeldroër uit

Al sê die versorgingsetiket dat jy jou kledingstuk in die droër mag gooi, raai ons jou aan om nie daardie risiko te loop nie – plaas dit plat op ’n handdoek en jy sal voorkom dat die trui krimp of wolballetjies vorm.

9. Maak sò met wolballetjies:

Tog sal alle wolmateriaal tot ’n sekere mate wolballetjies vorm. Dit gebeur meer algemeen by sagter vesels en kom dikwels voor in die areas waar dit met ander materiale in kontak kom, byvoorbeeld waar jou arm teen jou lyf skuur. Wanneer die balletjies vorm, kan die kledingstuk slordig lyk. Verwyder dit deur die breistof met ’n truikam te versorg of dit versigtig te skeer met ’n skeermes.

10. Ons beste wenk: Dra altyd ’n katoenhemp onder jou trui

Dit verhoed dat liggaamsolies en sweet na die tekstielvesels van die trui deurdring, wat beteken dat dit langer skoon bly voor jy dit weer moet was.

Lees ook: Hoe om jou wit tekkies te was

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.