kategorieë: WenkeMode

Verleng die lewe van jou swembroek

Verleng die lewe van jou swembroek deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Was jou swembroek na elke dra, selfs al het jy nie in die water gegaan nie. Sonskerms bevat bestanddele wat skadelik is vir jou swembroek en kan die materiaal verweer. Room met minerale en olieformules in kan met die verloop van tyd vlekke veroorsaak. Chloor is nog swaarder op swemdragstowwe en kan helder kleure laat verbleik.

Spoel jou swembroek in koel kraanwater af sodra jy dit uittrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om dit vir 30 minute in koel water te laat lê is nog beter. Dit sal die meeste van die chemikalieë, sout en sand verwyder wat die materiaal kan beskadig.

So gerieflik soos wat dit kan voorkom, moenie jou swembroek by die ander wasgoed ingooi nie. Gebruik koue water en ’n sagte seep of skoonmaakmiddel, en maak seker dat jy jou swembroek deeglik spoel om oortollige seep eerste te verwyder. Seep-oorblyfsel kan net so skadelik wees vir die materiaal soos sout en chemikalieë. Warm water maak die vesels van die materiaal oop – hoe koeler die water, hoe beter.

Om jou swembroek droog te maak, rol dit saggies in ’n skoon, droë handdoek en druk liggies om die oortollige water te verwyder. Moet nooit jou swembroek uitdraai nie, aangesien dit die rekbare vesels kan beskadig. Die hitte van ’n droër is ook amper net so skadelik vir ’n swembroek soos die son, sy unieke materiaal is veral geneig om sy vorm te verloor in hoë hitte.

Indien jy braaf genoeg is, gebruik ’n buitestort of maak jou swembroek nat voordat jy in die water ingaan. ’n Droë swembroek is uiters absorberend en sal soos ’n spons al die chemikalieë en sout in die water absorbeer.

Die meeste swembroeke is van rekbare materiaal (spandex) gemaak. Spandex is ’n memoriseringsmateriaal. Dit beteken dat wanneer dit uitgerek word, dit kan terugkeer na sy oorspronklike vorm. Maak tog seker jy gee jou swembroek ’n ruskans. Dit neem gewoonlik ongeveer ’n dag vir ’n swembroek om terug te keer na sy normale toestand.

Lees ook: Wees swembroekslim

Moenie

Moenie sterk wasmiddels gebruik nie. Dit kan skadelik vir die rekbare materiaal wees en kan die kleur laat vervaag. Gebruik liewer sagte handseep.

Moet NOOIT jou swembroek oornag week nie, dit maak die vesels los van mekaar.

Moenie jou droograk in direkte son plaas nie. Son is baie kragtig en verniel jou swemklere. Vind ’n skaduryke plekkie waar jy jou swembroek op ’n handdoek kan neerlê. Draai die swembroek om sodra die bokant droog voel.

Moenie op growwe oppervlaktes sit terwyl jy ’n swembroek aan het nie. Die sement langs die swembad of die hout van die dekstoele kan jou swembroek haak. Gooi ’n handdoek neer voor jy sit.

Dit is moeilik om nie na ’n lekker swem in die warm son te bak nie, maar ongelukkig beskadig dit jou swembroek. Lê eerder eers ’n bietjie voor jy gaan swem. ’n Nat swembroek het die chloor of sout geabsorbeer en wanneer dit aan direkte sonlig blootgestel word, word die skade aan jou swembroek vermenigvuldig.

Lees ook: Sorg vir jou gunsteling someritems

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.