kategorieë: WenkeMode

Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Jota Kena

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons beantwoord sewe vrae oor die versorging van hierdie ikoniese kledingstuk

Hoe gereeld moet jy jou jeans was?

Denim is ‘n sterk materiaal wat nie elke dag ’n was nodig het nie. Trouens, die enigste manier om regtig die kleur van jou denims te behou, is om dit juis nié gereeld te was nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe gereeld moet jou jeans gewas word? Dit hang van die rekbaarheid en die soort denim af. ‘n Goeie rek-denim (met lycra) hou sy vorm vir drie tot vyf dae. Ander jeans (100% katoen en geen lycra) kan nog langer gaan sonder om gewas te word.

Handwas of masjienwas?

Denim-entoesiaste glo die enigste manier om jou jeans te was, is met die hand, maar dit verg baie moeite en harde werk. Nat jeans is baie swaar en dit is moeilik om uit te droog. Nog ’n versigtige, maar meer praktiese manier, is die denim om te dop en die broek dan met koue water en op ‘n stadige siklus in jou wasmasjien te was.

Watter skoonmaakmiddel is die beste?

Sterk skoonmaakmiddels kan jou jeans van kleur laat verander, gebruik liefs ‘n sagter seep om die indigo-blou te bewaar. ‘n Meer natuurlike wasproses is om jou jeans in ‘n koue waterbad te week met ‘n koppie gedistilleerde asyn, of voeg ‘n koppie asyn by jou kouewatersiklus. Dit help om die kleur te behou.

Lees ook: Verleng jou swart denim se leeftyd so

Wat van die droër?

Probeer om die droër te vermy. ’n Droër kan die lycra, kleur en vesel van die jeans ruïneer. Die broek voel dalk harder wanneer jy dit nie in ‘n droër drooggemaak het nie, maar dit is beslis beter vir die lewensduur van jou denim om dit op te hang. Daardie harde gevoel sal wel ná ‘n rukkie se dra weggaan

Bokknieë, wat nou?

Jeans met pap knieë lyk nie van die beste nie. Hierdie uitgerekte stukkies materiaal word meestal deur beweging veroorsaak. Jeans met lycra is geneig om hul vorm beter te behou. Probeer om nie vir lang tydperke op jou knieë te sit, of te hurk nie – dit is in elk geval sleg vir jou bloedsomloop ook.

Hoe gemaak met blink denims?

Jeans met borduurwerk, stene en selfs pêrels is baie gewild, maar hierdie versierde items het meer sorg nodig. Ons stel voor dat dit met ’n sagte wasmiddel met die hand gewas móét word.

Kan ek die vorm van die broek herstel?

In hierdie geval mag jy maar skelmpies die reëls breek. As jou jeans ‘n bietjie noodhulp nodig het, dop die broek om en sit dit vir sowat tien minute op ’n lae hitte in die droër. Hang dit dan op om verder droog te raak. Nog ‘n truuk: Dop die denim om en hang dit in die badkamer terwyl jy stort. Stoom help om van die kreukels ontslae te raak en die vorm van die broek te herstel.

Hooffoto: Godisable Jacob vir Pexels

Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

49 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

57 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.