Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Skandelik lekker! Gee dit vir iemand baie spesiaal.
210 ml (¾ k + 2 e) botter
200 g (2 blokke) donkersjokolade
4 eiers
210 ml (¾ k + 2 e) strooisuiker
80 ml (1⁄3 k) koekmeel
knypie sout
50 g (½ pakkie) gemaalde amandels
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 18 cm-koekpan met bakpapier uit. 1 Smelt die botter en sjokolade saam. Laat effens afkoel. 2 Klop die eiers en suiker vir 5 min. met ’n elektriese klitser tot dik en romerig. 3 Gooi die sjokolademengsel bydie eiermengsel en vou in. Vou die meel, sout en amandels by. Skep in die koekpan. 4 Bak vir 1 uur en 20 min. of tot ’n toetspen uitkom met ’n paar klam krummels daaraan. Laat in die pan afkoel. 5 Sit die koek voor met vanieljeroomys of styf geklopte room.
Maak dit fraai 1 Ons het die koek met uitgerolde plastiekversiersel toegedraai sodat dit soos ’n pakkie lyk. 2 Ons het die lap wat ons as agtergrond gebruik het, gefotostateer en by Value Baking op ’n bladsy plastiekversiersel laat druk. Daarna het ons die blompatrone uitgeknip, op die koek geplak en ’n groot satynstrik om die koek gebind.