pienk voedselkleursel of 2 e gedroogde framboospoeier
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer en voer 2 x 20 cm-losboomkoekpanne met bakpapier uit.
Sif al die droë bestanddele in ’n groot mengbak en roer met ’n draadklitser sodat dit goed gemeng is.
Room die botter tot sag in die mengbak van ’n elektriese menger met die bakklitser-aanhegsel en gooi die suiker geleidelik daarby met die menger op matige spoed. Verroom dit baie goed saam vir 5-10 min. tot dit amper spierwit en donsig is.
Voeg die eiers een vir een by en skraap die kante van die mengbak af indien nodig.
Sif ’n derde van die droë bestanddele by die eiermengsel in en meng op stadige spoed. Voeg die karringmelk in 2 dele by en wissel dit af met die droë mengsel: ’n derde meel, ’n deel karringmelk, ’n derde meel, ’n deel karringmelk en eindig met ’n derde meel.
Meng die beslag baie goed deur en maak seker die onderste beslag in die mengbak is ook ingemeng. Verdeel die beslag tussen die 2 koekpanne.
Bak die koeke vir 45-60 min. Gebruik ’n toetspen of sosatie-stokkie om te toets of die koeke gaar is – dit moet mooi skoon uit die koek kom. Bak vir nog 5 min. indien die koeke steeds rou is en toets dan weer. Laat die koeke vir ’n paar minute afkoel en haal dan versigtig uit die koekpanne. Laat dit heeltemal afkoel op ’n afkoelrakkie voordat jy dit versier.
Meringue-botterversiersel
Gooi die eierwitte, suiker en sout saam in die bak van ’n staanmenger en sit dit oor ’n kastrol pruttende water - die bak moenie aan die water raak nie. Klits aanhoudend met ’n draadklitser tot die mengsel baie warm en die suiker opgelos is. Sit die bak in die staanmenger en klits met die ballonklitser met ’n hoë spoed totdat dit stywe en blink punte vorm. Die mengsel moet afgekoel wees.
Verlaag die menger se spoed tot matig en meng die botter blokkie vir blokkie by totdat die versiersel dik en romerig is, maar steeds sy eie vorm behou. Meng die vanieljesaadjies en kleursel of vrugtepoeier by en meng met ’n rubberspaan.
Vul ’n spuitsak met ’n ster-spuitpunt en spuit meringue-nessies op die koek. Laat ’n bietjie set en sit voor.