kategorieë: Gesondheid

Verkragting: wat dit is

Wat is verkragting?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Baie vroue en die gemeenskap in die algemeen glo dat vroue wat verkrag is dit ‘verdien’ het of daarna ‘gesoek’ het.
Feit is dat alle seks wat nie vrywillig van jou kant is nie as ’n seksuele misdaad beskou word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Om te drink – selfs te veel te drink – is nie ’n misdaad nie
• Om ’n lae hals of kort rokkie te dra is nie ’n misdaad nie
• Om laataand in ’n klub te wees is nie ’n misdaad nie
• Om met iemand te flankeer is nie ’n misdaad nie
• Om alleen in jou motor te ry is nie ’n misdaad nie
• Om alleen iewers te stap of fiets te ry is nie ’n misdaad nie
• Om afgesonderd te woon is nie ’n misdaad nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat tel nog as seksuele misdade?

Seks is verkragting as daar nie volwasse, nugtere toestemming van altwee partye is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is nie toestemming as:
• As jy gedreig word met fisieke geweld, soos dat jy of jou familie seer gemaak of dood gemaak sal word as jy nie toegee nie
• As jy emosioneel gedreig word
• As enige vorm van dwang gebruik word sodat jy seks met die verkragter sal hê in ruil vir iets wat hy uit ’n magsposisie aan jou kan gee of doen. Met ander woorde dit is verkragting as jy afgepers of gedreig of verkul of gedruk of gedwing sodat jy seks met die verkragter sal hê in ruil vir jou werk, vir bevordering, om jou naam te beskerm, om ’n eksamen deur te kom, om jou werk te behou, om jou huis te behou ensovoorts
• As jy minderjarig is of nie verstandelike oordeel het nie
• As jy dronk is, onder die invloed van dwelms is, slaap of bewusteloos is

Was dit verkragting? Of is dit iets anders?

Iemand hoef nie sover as penetrasie te gegaan het om ’n seksuele misdryf te pleeg nie. Dit kan baie meer subtiel as dit wees.

Hier is kategorieë van misdrywe, volgens ons wetgewing:

– Verkragting
Seksuele penetrasie sonder toestemming. Dit geld alle geslagte – man op vrou, vrou op man, man op man, vrou op vrou. Ook man of vrou op kind.

– Seksuele aanranding
Dreigemente om iemand te verkragting. Aanraking van ’n vrou se borste en/of vrouedele sonder haar toestemming. Dit geld ook aanraking van manlike geslagsdele sonder die man se toestemming. Seksuele ontbloting sonder haar/sy toestemming

– Statutêre seksuele aanranding
As iemand gedwing word om te masturbeer of enige seksuele daad of posisie teen sy/haar sin uit te voer

Staturêre verkragting
Seks met iemand voor hy/sy sestien is. As altwee jonger as sestien is word hulle altwee aangekla van statutêre verkragting. Dit sluit seksuele aanranding in.
Dit is steeds verkragting al het die minderjarige(s) toegestem.
Maar wat van tieners wat eksperimenteer en die grense toets – en selfs seks het? Wetgewing laat toe dat die hof sy goeie oordeel kan gebruik, om normale, onskuldige gedrag toe te laat maar enige vorm van gedwonge deelname te straf

– Gedwonge verkragting of seksuele aanranding
As iemand gedwing word om ‘n derde party te verkrag of seksueel aan te rand.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.