kategorieë: DekorLeefstyl

Verkoper, kry jou huis reg vir skoudae

Verkoper, kry jou huis reg vir skoudae deur: Elandrè Swart. Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bouplanne

Maak seker jou bouplanne is in orde. Baie kopers sal ’n aanbod terugtrek as daar nog inspeksies nodig is of bouplanne ingedien moet word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die 7 grootste huursorge, opgelos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk soos ’n koper

Loop deur jou huis met die oë van potensiële koper. Gee veral aandag aan die klein goedjies soos gevlekte matte, ’n muur wat nog ’n laag verf nodig het of enige bedrading wat los hang en maak dit eers reg.

Lees ook: Begin self ’n AirBnB

Vind ’n betroubare agent

Kry verwysings om ’n betroubare agent op te spoor. Die mark is propvol bekende en minder bekende agentskappe sowel as onafhanklike bemarkers. Om die regte agentskap te gebruik wat jou area goed ken sal vir jou baie hoofpyne bespaar.

Lees ook: 10 wenke as jy ’n eiendom verhuur

Pexels

Maak só skoon

Niks persoonliks nie

Die kopers moet hulself in jou huis kan sien. Pak goed soos kinderkuns, verjaarsdagkaartjies en konfidensiële goed soos rekeninge weg en sorg dat die huis netjies dog ingeleef daar uitsien.

Ruim op

Dink minimalisties. ’n Oorvol huis kan die aandag van jou huis se goeie kenmerke af trek. Pak soveel as moontlik weg sonder om jou huis koud en onbewoon te laat voel.

Lees ook: ’n Klottervrye huis

Lig

Die maklikste manier om enige huis vroliker te laat lyk is om natuurlike lig binne te bring. Maak ook seker jy het die regte beligting en watt-verbruik vir elke vertrek. Te skerp of te sagte lig kan die hele vertrek se gevoel beïnvloed, en ’n donker huis trek niemand aan  nie.

Lees ook: Wenke vir ’n klein spasie

Tuin

Goed soos ongesnyde gras, ’n vuil swembad en ongesnoeide bome gaan nie maak dat jou kopers verder sal wil kyk nie, hulle sal te veel fokus op die hoeveelheid werk wat eers gedoen sal moet word en nie die lekker kuier-area inneem nie.

Lees ook: Jou tuin het ’n regruk nodig

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

30 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

43 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.