kategorieë: Lees

Vergiffenis

Die dag is so perfek as wat dit die reg het om te wees, toegewikkel inkoringgoue sonskyn onder ’n wolklose, saffierblou lug; in die verte die grootse kunswerk van Lesotho se majestueuse Maluti-berge in elke denkbare skakering van blou en pers, soos die agtergrondtoneel op ’n reuseverhoog. Isabella sit in haar tuin met ’n koppie tee en verlustig haar in die vroegsomerprag en haar appelkoos-, kweper-, vye-, appel- en perskebome wat elke somer mildelik ’n oes van soet, ryp vrugte lewer. Daar is ’n prieel waaraan piepklein, perfekte trossies druiwe reeds die belofte van groot trosse vol stroopsoet pers en groen korrels dra. Die groentetuin is tot oorlopens toe vol van wortels, beet, tamaties, groenbone, kool, spinasie, uie en selfs ’n paar aartappels. In die kruietuin kan sy enige geur pluk wat sy begeer en die blomtuin is vol soet geure en malse spatsels pers, pienk, rooi, oranje, wit en geel, soos ’n lewende Monet-skildery.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy teug diep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dalk is dit haar verbeelding, maar sy dink sy kan selfs hier, aan die sykant van die huis, die lawende geur van die groot laventel-struike voor die huis ruik. Sy drink die laaste slukkies van die warm tee toe sy die perde hoor aankom, en oomblikke later verskyn die trop proesend aan die onderkant van die huis op die breë, grasbedekte sypaadjie, swaaiende koppe fier omhoog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die perdewagter is soos altyd bloots op sy perd, met die kenmerkende helderkleurige Basothowolkombers om sy skouers gewikkel. Hy fluit, paai, roep opdragte en keer om die perde op die sypaadjie te hou. Troppe perde uit Lesotho beweeg gereeld aan dié kant van haar huis verby, en sy wonder altyd: is hulle op pad na groener weivelde? Na die mark?
Na ’n vendusie?

Veewagters jaag ook dikwels troppe beeste langs haar huis verby, van een plaas na ’n ander, of na die mark. Maar hulle skarrel en draf te voet heen en weer om die diere aan te jaag en terselfdertyd uit die pad te hou. Beeste is senuagtiger en meer verbouereerd as die intelligenter perde, moeiliker om te beheer – bulk en stamp aan mekaar en dwing heeltyd van die sypaadjie af pad toe. Soms kry ’n paar koppiges koers na erwe wat nie heinings het nie, vertrap alles wat voorkom en rig groot skade aan. Dit lei tot groot konsternasie en ongelukkigheid en ’n stroom klagtes by die munisipale kantore, maar daar is geen oplossing vir die probleem nie. Huiseienaars wil nie, of kan nie heinings om hul huise oprig nie, en vir boere wat nie groot vragmotors besit of kan huur nie, is dit die enigste manier om hul vee te kry waar hulle moet wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Isabella, met ’n stewige heining om haar eiendom, geniet dit om die diere te sien en te hoor. Dit is wat die lewe op die platteland kleur en geur gee, dit onderskei van die grys tafereel en gebrom van die stad. Hane wat luid voor dagbreek die nuwe dag aankondig, voëls wat onbevange sing en fluit, in die vroegoggendstilte die veraf gebulk van beeste op een van die plase wat aan die dorp grens, die bure se raserige ganse, die geklop van perde se hoewe. Al wat haar nie aanstaan nie, is die beeste wat voor ’n veiling in die winter oornag in die vendusiekraal aan die onderkant van die dorp aangehou word. Die gebulk van die diere ontstel haar en hou haar uit die slaap wanneer sy knus onder haar duvet toegewikkel is terwyl die temperatuur buite tot ver onder vriespunt daal, aangehits deur die ysige wind uit die sneeubedekte Malutiberge.

Sy ril onwillekeurig, dankbaar vir die milde oggendson, sit en kyk tot die gebeitelde bruin lywe van die perde om die draai in die pad verdwyn en staan toe traag op, teësinnig om in die koel skemerte van die huis in te loop. Sy is in die kombuis toe sy die sagte klop aan die voordeur hoor. In die raam van die deur, donker afgeëts teen die verblindende helder son, staan ’n jong meisie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: fiksie

Onlangse plasings

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

53 mins Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

2 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

21 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

21 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

22 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.