Genoeg vir 8
Bestanddele
- 1 klein waatlemoen, geskil en in happie-grootte stukke gebreek
- 2 lemmetjies, in wiggies gesny + fyn gerasperde skil van 3 lemmetjies
- 500 ml (2 k) klaarbereide lemmetjie-sorbet (ons het Lecca ill Gelato gebruik)
- 100 g (1 pakkie) pistasieneute, gekap
- hand vol kruisementblare
Metode
- Pak die waatlemoen en lemmetjies in ’n dienbak en strooi die lemmetjieskil oor.
- Skep die roomys net voor die voorsitslag bo-op en strooi die pistasieneute en kruisementblare oor.