kategorieë: Ontspanning

Verdryf die winter-blues met interessante proeë

Verdryf die winter-blues met interessante proeë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die wynkelder het dié gesogte titel ingepalm as Platters-wyngids deur Diners Club se redakteurskeuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Elke proe is beskikbaar met of sonder ’n vars voorbereide koskombinasie of dit kan saam met ’n olyf-, kaas- of vleisbord bedien word om die wynkeuse aan te vul. Kies eenvoudig uit een of meer van die volgende proeë en bespreek ’n tafel.

Sjokolade & Wynproe

Hierdie ervaring bestaan ​​uit vier Spier-wyne wat kundig met drie handgemaakte sjokolades gepas is om die genuanseerde geure in elk van die wyne te help ontsluit. Die suikertande onder ons kan uitsien na sjokoladegeure soos donkermoutkersie en wit kardemom met grenadella.

Kinders se druiwesap-proe

As jy ’n tydjie vir jouself wil hê en die kleingoed op reënerige dae wil vermaak, is hierdie proe die ideale manier om die kinders besig te hou. Kinders sal getrakteer word op ’n proe van twee verskillende druiwesappe en ’n opvoedkundige aktiwiteitsblad wat die rol wat insekte in Spier se  wingerde speel, beklemtoon.

Beperkte Seaward- en sop-proe

Verras jou smaakkliere met ’n geurige viergang-sop en Seaward-wynpasmaat en vergeet van die winter buite! Hierdie beperkte geleentheid is eksklusief beskikbaar by die Spier-proelokaal tot 31 Augustus 2022, en is ’n besliste manier om jou siel te troos. Alle sop is vegetariërvriendelik en gemaak met plaasvars bestanddele.

Wynmakerskeuse

Of jy nou ’n wynbeginner of ’n jarelange versamelaar is, die Winemakers Selection bied die perfekte oorsig van die top wyne in die Spier-reeks. Proe uit die bekroonde 21 Gables- en Creative Block-reekse sowel as die gewilde organiese rooi versnit, Spier First Stone.

Spier-proe

Ken jy nie die Spier-handelsmerk nie? Dit is die perfekte plek om te begin. Kies drie wyne uit die Signature-reeks en een uit elk van die drie premium wynreekse, 21 Gables, Creative Block en Seaward, om ’n ware weerspieëling van een van die oudste plase in Suid-Afrika te proe.

Spier-wyne is regoor die land te koop, maar ’n paar beperkte uitgawe-juwele is slegs beskikbaar om te proe en te koop by die proelokaal en aanlyn winkel. Hierdie klein bondel versamelings sluit van Spier se mees innoverende en opwindende wyne in, insluitend die nuwe vrystelling Noble Song (geen-toegevoegde swaelwyn), Ideology (die wynmaker se mees eksperimentele reeks) en Farmhouse en Yellowwood Organic – gemaak met druiwe wat sonder plaagdoders of kunsmatige bemesting groei.

Die Spier-proelokaal langs die dam op die spogplaas het ’n sorgvuldig uitgesoekte verskeidenheid wynverwante produkte, boeke, huisware en geskenke om huis toe te neem. Bespreek 48 uur voor jou proe by 021 809 1984.

Deur Maryke Roberts.

Foto’s: Verskaf

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.