kategorieë: Gesondheid

Verby met verkoue

Klinies gesproke is koors ’n normale fisiologiese reaksie wat die liggaam in staat stel om infeksie te beveg. Daar is egter verskeie realiteite wat dit ook vir ouers moeilik maak om koorsigheid reg te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eerstens is dit belangrik om te besef dat koors ’n teken van ernstige siekte kan wees, terwyl dit ook ’n indikasie is van ’n kind se normale reaksie op infeksie. Hierdie is een van die primêre redes waarom ouers dikwels bekommerd is oor ’n kind se koors.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koors is ongemaklik en ontstellend vir die kind, en geen ma wil hê haar kind moet onnodig gespanne raak nie. Daarom is dit belangrik om die regte stappe te neem wat die kind vinnig sal laat herstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer ouers hul kind se koors dophou, is dit belangrik om eerste op die kind se gemak te fokus, en daarna op sy/haar liggaamstemperatuur. Wanneer die koors tot pyn en aansienlike ongemak bydra (soos ’n hoofpyn), is die gebruik van pynstillers toepaslik. Verder is dit ook belangrik dat ouers vertroud raak met duidelike riglyne wat deur dokters voorgestel word oor hoe kinderkoors hanteer moet word.

Wenke wat werk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Moenie jou kind te dik of te dun aantrek nie. Trek vir hom/haar koel, ligte klere aan en bedek hom/haar moet ’n ligte kombersie.
  • Verlig pyn. Gebruik goedgekeurde pediatriese produkte wat die kind se ongemak en/of pyn sal verlig.
  • Vloeistowwe. Kinders verloor water tydens koors, wat veroorsaak dat hulle dehidreer. Maak seker hulle drink genoeg koue vloeistowwe.
  • Liefde wen. Daar is niks meer vertroostend vir ’n benoude kind as die liefde van sy/haar ouers nie.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.