Hier is ’n paar interessante feite oor jou bra:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }’n Franse sportdokter, Jean-Denis Rouillon, wat 330 sportvroue van 18-35 jaar oud bestudeer het, sê hy glo bra’s verswak die spierstelsel wat jou borste ferm en hoog hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daarsonder, sê die sportvroue in sy ondersoekgroep, haal hulle makliker asem, staan vanself meer regop en het minder rugpyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Tog, sê dr. Rouillon, is hy versigtig om dit vir alle vroue aan te beveel. Moontlik vind middeljarige, oorgewig ma’s werklik baat by ’n bra. Maar dalk moet ons twee keer dink voor ons ons dogters met ’n bra opsaal nog voor die borsspierstelsel goed ontwikkel het.
Bra gesond
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vraag
Help! Ek het ’n seer, rooi uitslag onder my borste. Ek het al salf en poeier probeer, maar dit werk nie.
Antwoord
“Dit is waarskynlik jou bra se skuld omdat dit nie jou borste behoorlik lig en skei nie sodat jy sit met vel wat op vel skuur. Gaan na jou naaste braspesialiswinkel sodat hulle jou behoorlik vir ’n goeie bra pas. As jy sukkel met onverklaarbare migraine of skouer- en rugpyn kan jy gerus ook vir ’n brapassing gaan. Die regte bra ‘dra’ jou borsgewig, wat onnodige druk op jou skouers- en nekgewrigte en ligamente verminder, en op die duur nie net jou postuur reg hou nie maar ook artritis help keer.” – Janet Muller, Pandora’s Bra Studio
Lees meer oor borskanker by die volgende skakels:
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers deur Salomé Delport. Hooffoto: zozzzzo/istock images As jy na veertig begin…
Hierdie webwerf gebruik koekies.