'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Dit het alles op 1 Februarie 2017 begin toe Brent Lindique, ’n jong Suid-Afrikaner, die roekelose drankspeletjie #NekNominations heeltemal op sy kop gedraai het. Hy het die nominasie gebruik en dit verander na Random Act Of Kindness (#RAKNomination).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Brent Lindeque: Mnr. Goeie Nuus
Hy het ’n maaltyd van R20 vir ’n hawelose man gegee en so ’n groot glimlag op die man se gesig gesit. Met die hulp van Sosiale Media en die ‘paying it forward’-inisiatief het Lindique se nominasie wêreldwyd vlam gevat en is dit tot op datum al plaaslik op Carte Blanche, Espresso, 5Fm, eNCA, News24 en Radio702 gedek en internasionaal op Mashable, Huffington Post, BBC, CNN, Sky News, Oprah en selfs deur die allergewilde Ellen Degeneres.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Lindeque is aangewys as een van Mail and Gaurdian se Top 200 Jong Suid-Afrikaners en is ook een van Primedia se LeadSA Hero’s! Gaan lees meer oor hierdie merkwaardige jong entrepeneur op sy webblad.
Ons almal wil so nou en dan iets goeds doen, maar soms het ons ’n klein bietjie hulp nodig. As jy graag wil weet wat jy kan doen of hoe jy kan help, gaan kyk na die Random Acts Of Kindness-webblad: www.rakinitiative.com. Hier gee hulle idees en riglyne oor hoe om betrokke te raak en ook inspirerende stories om jou te laat glimlag.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.