kategorieë: ReisOntspanning

Venesië vir beginners: deel 2

Daguitstappie na Murano, Burano en Torcello

As ’n mens nie die notas goed lees nie, betaal jy onnodiglik weer 20€ vir hierdie trippie (onthou, jy kan jou dagkaartjie van die Vaparetto gebruik). Murano, die Venesiese glas-eiland, is ’n groot teleurstelling aangesien die toergids ons almal in ’n groot, warm, warehouse injaag en ’n Italianer vinnig drie glasperdjies wat spring, uitblaas. Verder word jy deur ’n trog na die fabriek se uitstallokaal gejaag – alles is pragtig, maar waar sit ’n mens nou ’n meterhoë glashanswors in jou huis sonder om kommin te lyk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Burano is definitief ’n hoogtepunt. Straatjies vol Smartieboks-kleurhuisies staan styf teen mekaar – ook alkant van ’n mini-grand canal. Die storie agter die kleurvolle huisies is dat die vissermanne wat hierdie eiland bewoon hul huisies so verf om dit makliker uit te ken as hulle in storm en reën huiswaarts keer. Ek dink dis eerder as die wyn praat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die heerlikste visrestaurante, maar ons tyd is beperk (weens die drukgangtoer …) en as jy klaar teen elke moontlike kleur huisie gepose het, kan jy ook na hul bekende kant- en linneprodukte kyk. Regte outydse sakdoekies met voorletters, baie lelike, gehekelde laslaprokke en “made in China”-kantsambreeltjies, te kies en te keur.  Gelukkig is ek meer ’n T-shirt girl en huil ek liewer in papiersneesdoekies.

Die laaste eiland, Torcello, is baie gewild vir troues, maar behalwe vir drie of vier verlate restaurantjies, is hierdie werklik ’n mors van tyd. Kon liewer langer in Burano gekuier het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Iets oor die gondolas

Tensy jy pas die internasionale lottery gewen het, is hierdie ietwat geldmors. Ja, ek weet dit is so Venesies soos die Eiffeltoring in Parys, maar daar is net plek vir twee op die romantiese krulbankies en as julle vier of ses is, sit die res baie onromanties op wankelrige stoeltjies en klou verbete. Die gondoliere sing nie meer vir jou nie. Dit kos 100€ per rit van ’n halfuur, en die manne wat roei is glad nie meer so mooi soos vroeër jare nie.

Beatrix Roux

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Die sosiale media-ster Ruben Lambrechts gesels oor sy kaalvoet-plaaslewe en vreemde versoeke

Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf.      Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…

3 hours Gelede

AVBOB-lede gaan hul deel van R13,1 miljard in kontantvoordele ontvang

Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…

5 hours Gelede

Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings

Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…

21 hours Gelede

5 smullekker slaaie

Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer

1 day Gelede

ONS KYK TERUG: Verlede jaar se naaswenners van ons ma-en dogter-kompetisie

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf   Om ma en dogter op papier te wees is…

1 day Gelede

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.