Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto Pexels
Onder R100
Vaseline Dry Skin Repair Lotion
Hierdie lieflike room is van klein druppels Vaseline Jellie gemaak wat droë vel binne net drie weke weer sag en vogtig laat voel.
Vaseline Dry Skin Repair Lotion: R29,99 vir 200 ml en R49,99 vir 400 ml.
Onder R150
L’Oreal Pure Clay Blemish Resque
Die voordele van klei is reeds in antieke Egipte ondek en is steeds ’n gewilde bestanddeel in veral maskers. Die L’Oreal Pure Clay Resque masker bevat drie soorte klei en see-alge wat swartkoppies voorkom en help om puisies op te klaar.
L’Oreal Pure Clay Blemish Resque (R149,95).
Neutrogena Visibly Clear In-Shower Mask
Die Neutrogena Visibly Clear Pore & Shine In-Shower Mask werk binne net sestig sekondes saam met die stoom in jou stort om die oortollige olie op jou gesig te absorbeer, jou vel behoorlik te reinig en ’n mat voorkoms te skep. Die masker het ook ’n lekker vars sitrusgeur.
Neutrogena Visibly Clear in Shower Mask (R109,95).
Onder R200
Aveeno Dermexa Emollient Body Wash
Ons is verheug dat die Amerikaanse Aveeno-reeks nou ook in Suid-Afrika beskikbaar is. Al die produkte bevat hawermout as bestanddeel wat die vel streel en heel, én dit is goed vir droë en sensitiewe veltipes. Hul babareeks is ook baie gewild. Die Aveeno Dermexa Emollient Body Wash is een van ons gunstelinge, dit reinig die vel en laat dit sag voel.
Aveeno Dermexa Emollient Body Wash (R169,95).