Die Brasiliaanse Supermodel, Adriana Lima, is weer terug by die skoonheidshuis Maybelline. Sy het voorheen die handelsmerk verteenwoordig, tussen 2003 en 2009. Sy deel nou die eer met ander skoonhede soos Christy Turlinton, Emily DiDonato, Jourdan Dunn, Marloes Horst en vele meer.
“Ons is verheug om vir Adriana terug te verwelkom. Wêreldwyd is Adriana Lima nie net bekend vir haar skoonheid nie, maar ook vir haar bereidwilligheid om mense in nood te help. Sy is werklik ’n Maybelline vrou!” – Jerome Bruhat, internasionale handelsmerk-president.
5 vrae aan Adriana Lima
1. Wat maak ’n vrou mooi?
Ek dink ’n vrou se karakter en haar vermoë om selfversekerd te wees.
2. Het jy enige grimeerwenke by jou ma of ouma geleer?
In Brasilië, waar ek groot geword het, het ons baie klapperwater gedrink, hulle het dit aangemoedig.
3. Wat is die een grimeerproduk waarsonder jy nie kan klaarkom nie?
’n Rooi lipstiffie! Dit kan jou voorkoms heeltemal verander, ek dra altyd een by my.
4. Wat is die eerste Maybelline-produk wat jy ooit gebruik het?
Die ikoniese Great Lash Mascara.
5. Wat is jou gunsteling Maybelline-produkte?
Ek hou van al die Color Sensational Vivids, maar my gunsteling kleur is “Neon Red.”