Het jy al met ’n “slaap-plooi” op jou gesig of nek wakker geword? Hierdie is ’n klein indikasie van hoe ons vel beskadig word terwyl ons saggies lê en slaap. Wanneer ons op beddegoed soos katoen of linne slaap, kry ons sulke ongewenste “slaap-plooie”. Hierdie “harde” materiale trek ook vog uit ons hare en vel, waar egte sy se eienskappe baie nader is aan ’n mens se vel, dus beskadig dit nie jou vel nie.
Dit is boonop beter om op ’n sy kussingsloop te slaap wat haarverlies gedurende slaap ook verminder.
’n Sy-kussingsloop voorkom gesig- en slaapplooie gedurende jou nagrus: die gladde oppervlak laat jou vel toe om oor die kussing te gly in plaas daarvan om vasgetrek te word. Jou vel is ook meer gehidreer omdat ’n sy kussingsloop nie al die vog uit jou vel absorbeer nie. Die sy kussingsloop hou dus jou velprodukte op jou gesig en word nie in die kussingsloop ingetrek nie.
Ons sê, probeer die Silk Lady Pillowcase (www.thesilklady.com)