Kenmerke van ’n sensitiewe vel:
Sensitiewe velle word makliker deur prikkelmiddels beïnvloed. Jou genetika en faktore soos sonblootstelling; gereelde kontak met water; alkaliese stowwe (soos sommige huishoudelike skoonmaakmiddels); oplosmiddels (soos terpentyn) en gereelde velafskilfering kan ’n normale vel sensitief maak. Siektes soos diabetes kan ook velsensitiwiteit verhoog.
Kenmerke van sensitiewe velle
Opsigtelike tekens van sensitiewe velle is:
- rooiheid,
- swelling en
- afskilfering.
Nie-sigbare tekens:
- ’n vel wat brand,
- jeuk,
- styf of kriewelrige gevoel.
Behandeling:
Gebruik skoonheidsprodukte wat sagkens met jou vel werk; vermy swaar gegeurde produkte – indien moontlik ook produkte wat natrium(lauryl)sulfaat (SLS) bevat en seep met ’n hoë pH. Bevogtig jou vel gereeld. Indien jou vel op enige produk reageer, staak dit dadelik.