kategorieë: Wenke

Raad vir ’n tienervel

Puberteit kan van so jonk as nege of tien jaar al begin, maar jou hormone skop meestal tydens jou tienerjare in. “Dis asof iemand terselfdertyd die knoppie na jou oliekliere aanskakel. Die oormatige produksie olie kan porieë verstop en swartkoppies veroorsaak wat weer in ’n geïnflammeerde puisie kan ontwikkel. Daar is ’n magdom tieners met olierige velle wat met swart- en witkoppies sukkel en ewe veel aan die ander kant wat weer geneig is tot
inflammasie en rooiheid,” sê Anett King, Dermalogica se internasionale opleidingsdirekteur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

SKEP ’N VELSORGROETINE

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Leer jou kind ’n eenvoudige velsorgroetine,” sê Anett. “Hoe eenvoudiger, hoe beter.” Anett weet maar al te goed tieners dink dikwels hul ouers kan hulle nie veel leer nie! En sy het raad: Salonne soos Dermalogica bied spesiale programme aan waar tieners in ’n groep meer oor velsorg leer. “Die eerste en die beste gewoonte om aan te leer, is om jou gesig met ’n velsorgreiniger te was.” Sweetkliere wat verstop, is ’n groot oorsaak van puisies. Vermy liefs swaar grimering of rome wat te ryk is vir jou vel, gee sy raad. “Gebruik ’n kleimasker of iets met swawel, benzielperoksied, salisielsuur, kamfer, teeboom (teatree) of pepermentkamfer (menthol) in, wat antisepties en antibakterieël is,” sê Anett.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

BLY SKOON

Basiese higiëne is belangrik as dit by aknee kom, maar aknee of puisies is allermins ’n teken dat jy vuil is. Puisies of aknee word veroorsaak deur ’n kombinasie van hormone en ’n genetiese predisposisie. Ruil gereeld jou kussingslope om en hou jou hare skoon. Die olie van jou hare en stileerprodukte kan op jou vel oorgedra word en verstopping veroorsaak. Hou sommer ’n gesigwasmiddel in jou sportsak en was jou gesig sodra jy klaar geoefen het, sê Anett.

BESOEK ’N DERMATOLOOG

“Wees sensitief vir jou tiener se gemoedstoestand. Jou tiener se selfbeeld kan deur die toestand van haar vel beïnvloed word. Laat sy liefs ’n dermatoloog spreek wanneer haar gewone tienerpuisies handuit ruk en haar selfvertroue kwyn. Wanneer dit vir jou lyk of haar puisies of aknee in die lang-termyn skade aan haar vel kan rig, is dit ook wys om ’n dermatoloog te besoek. ’n Dermatoloog sal jou tiener se vel óf met die regte velsorgprodukte behandel, óf met behulp van voorskrifrome of medisyne.”

Lees ook: Velsorg vir mans

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

3 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

4 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

4 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

4 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.