Die gewilde Sorbet salon-groep het nou ’n salon vir die manne oopgemaak, Sorbet Man.
Die deure van die heel eerste Sorbet Man is nou in Sandton City oop.
Manne kan die salon besoek vir verskeie behandelings insluitend:
Skeer
Haarknip asook haarkleur-behandelings
Gesigbehandelings
Waks
Mans mani’s en pedi’s
Verskeie velsorg- en haarprodukte
Hierdie unieke salon, wat spesiaal vir mans ontwerp is, bedien graag whiskey of espresso aan hul kliënte tydens hul mooimaak-sessies.
Ian Fuhr, stigter van die Sorbet-groep, sê: “Sorbet Man is die antwoord vir die regte man om goed te voel sonder enige foefies, dit is ’n spasie waar mans manlik kan wees asook hul individualiteit kan uitoefen.”