Die sosiale media-ster en model van die oomblik, Kendall Jenner, is aangewys as een van Estée Lauder se nuwe ambassadeurs.
Jenner word deur Estée Lauder se Handelsmerk-president, Jane Hertzmark Hudis, beskryf as ’n “Instagirl” wat ’n hele nuwe generasie verteenwoordig – ’n generasie wat skoonheid, mode en hul lewe 24uur lank deel, op hul eie terme.
Kendall Jenner sê: “Dit voel soos ’n droom om so ikoniese handelsmerk te verteenwoordig, dit is ’n groot eer.” Sy sê sy het die nuus eers by Parys-modeweek uitgevind en kon nie langer wag om haar goeie nuus met die wêreld te deel nie!