Sonette Donker, kommunikasie-bestuurder van Dermalogica, verduidelik hoekom puisies op sekere dele van ons gesig voorkom:
Die Sjinese glo dat puisies op ’n korttermyn-wanbalans dui.
Zone 2 (lewer) staan ook bekend as die “wine & dine” area, so as jy ryk kosse eet of ’n glasie rooiwyn gedrink het, sal jy moontlik hier ’n puisie kry.
Zone 11 & 13 (eierstokke) is waar jy gewoonlik puisies sal kry net voor of gedurende jou maandstonde.
Zone 14 is jou spanningsarea en as jy hier puisies kry ,dui dit gewoonlik op spanning. Dit kan selfs tot twee weke ná ’n spanningsvolle ervaring gebeur.
1 & 3. Spysvertering/blaas
2. Lewer
4 & 10. Niere
5 & 9. Sinus & longe
6 & 8. Niere & allergieë
7. Hart & reproduksie
11 & 13. Eierstokke, tandvleis en tande
12. Maag & dunderm
14. Stres/spanning
Let Wel: Die inligting is nie wetenskaplik bewys nie.