Ja, velprodukte het ook ’n rangorde; maak seker jy wend dit reg aan.
1. Oogroom
Tik liggies aan met jou ringvinger.
Physicians Formula Hydrating Eye Cream
2. Serum
Wend serum met klaviervingers aan jou vel. Tik, tik, tik tot dit absorbeer. As jy meer as een serum aanwend, wend eers die een aan wat jou vel se grootste behoefte aanspreek, wag ’n paar minute en wend dan die volgende serum aan.
Sans Soucis Anti Age Kissed By a Rose Repair Serum
3. Dag- of nagroom
Smeer jou dag- of nagroom aan.
Clarins Extra Firming Day Cream
Clarins Extra Firming Night Cream
4. Sonskerm
Natuurlik net bedags. Baie dagrome het wel ’n SBF, maar ons sal tog aanbeveel dat jy steeds ekstra sonskerm aanwend.
Heliocare Gel Cream Colour SBF 50