Naam van spa:
Serenity Day Spa
Adres:
Winkel 101 Trinity Village Shopping Centre
Hoek van Beyers Naude en Eastwood Rylaan
Boskruin
Randpark Ridge
Webblad: www.serenitydayspa.co.za/
Kontakbesonderhede:
(011) 794-6031/2
info@serenitydayspa.co.za
Terapeut:
Sana
Behandeling:
Dermalogica gesigbehandeling
Tyd van behandeling:
60min
Produk gebruik:
Dermalogica
Beskryf die behandeling:
Die behandeling was omvattend en Sana het geweet wat sy doen. Haar opleiding en professionaliteit het bygedra tot ’n uitstekende ervaring.
Hoe het jy/jou vel na die tyd gevoel?
My vel was na die tyd silwerskoon en verfris. Boonop het dit sysag gevoel.
Gevoel van salon/spa?
Die spa het ’n uiters ontspanne atmosfeer met rustige, klassieke musiek wat jou vul met ’n gevoel van kalmte.
Beskryf hoe dit lyk:
’n Mens sal nooit raai dat die spa so groot is wanneer jy daar instap nie, maar nadat jy ’n bietjie rondgesnuffel het, besef jy gou hoe groot dit werklik is. Daar is verskeie vertrekke vir behandelings, elk met ’n private stoep vir ontspanning, asook ’n volledig ingerigte haar- en skoonheidsalon.
Het jy toegang tot enige ander fasiliteite?
Jy het toegang tot die sauna voor en/of na jou behandeling.
Enige wenke?
Die gesigbehandeling sluit ’n heerlike skouermassering in, so verwyder liefs jou onderklere sodat jou skouers oop is.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.