Chemoterapie se newe-effekte sluit in ’n baie droë en gedehidreerde vel. Spesifieke chemoterapie of medikasie kan verskillende newe-effekte hê soos antrasikliene, wat verdonkering, foto-sensitiwteit en droë, bros naels kan veroorsaak. Zelada-tablette kan weer ’n vel-uitslag veroorsaak wat selfs aanleiding kan gee tot blase op jou hande en voete.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Tydens bestraling kan oorliggende vel brandwonde opdoen. Soos met die meeste brandwonde word jou vel sensitief en seer en kan dit aanleiding gee tot hiperpigmentasie en die vorming van littekens. Met bestraling word slegs ’n spesifieke area beïnvloed, maar met chemoterapie word jou hele lyf se vel beïnvloed, verduidelik dr. Liana Roodt, wat in borskanker-chirurgie spesialiseer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Sommige pasiënte ontwikkel selfs aknee.”
Dit is baie belangrik dat pasiënte tydens die proses hul vel goed bevogtig. Charmaine van Look Good Feel Better sê dat jou vel selfs ’n jaar ná bestraling nog ekstra sonbeskerming benodig. Vermy ook produkte met enige metaal-bestanddele tydens bestraling aangesien dit behandeling nadelig kan beïnvloed.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Praat met jou dokter oor watter produkte jy behoort te gebruik. Die meeste groot skoonheidshuise is skrikkerig om spesifieke aanbevelings te maak.
Bionike is een van die min skoonheidshuise wat wel vir ons aanbevelings gemaak het, hul personeel by Dischem werk dikwels saam met onkoloë en kon hulle produkte aanbeveel.
BioNike Defence Essential Cleansing Water – Soothing Facial Cleanser
BioNike Defence Tolerance 200 Ultra Protective Base Cream (wat jou sperfunksie versterk en irritante uithou)
BioNike Defence Hydra5 Opthydra Hydrating Facial Moisturiser
BioNike Proxera Lip-Repairing Balm
BioNike Triderm Lenil+ – Non-steroidal anti- inflammatory treatment cream (vir dele waar jy bestraling kry en rooi is)
BioNike Triderm Len’oil – Itch Reliever (vir jukkerige dele)
Bestraling-onkoloog Dr. Jill Harris sê ná ’n operasie is dit baie belangrik om die vorming van ’n ongesonde litteken te voorkom. Sy gee die volgende raad:
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.