kategorieë: Ouerskap

Veiligheid vir die wintervakansie

Vir kinders is die drie-week lange wintervakansie ’n welkome ontspankans, maar vir baie ouers, wat nog moet werk, kan dit is ’n spanningsvolle tydperk wees omdat jy jou altyd oor jou kind se veiligheid bekommer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is ’n paar basiese- en praktiese veiligheidsmaatreëls wat ouers met hul kinders kan deel ongeag of hulle by ’n versorger, huishoudelike personeel of alleen by die huis is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dit is belangrik dat hulle weet dat alle deure gesluit moet wees en om niemand in die huis toe te laat sonder jou toestemming nie,” sê Rob Dale, besturende direkteur van ADT Security, Wes-Kaap. “As jy ’n tuis-sekuriteitstelsel geïnstalleer het, leer hulle hoe om dit te aktiveer en te de-aktiveer en hoe en wanneer hulle ander sekuriteitstoestelle soos paniekknoppies moet gebruik.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy sê dit is ’n goeie idee om ’n lys van noodkontakte te hê – insluitend die 10111-nommer. Dit moet naby die telefoon opgeplak word en ouers moet aan kinders verduidelik wanneer en hoe dit gebruik moet word.

Die koue weer beteken dat ouer kinders dikwels binnenshuis is en soms verveeld raak. ’n Oplossing is om by ’n maat te gaan kuier wat in die buurt woon. As jy nie in staat is om jou kind self af te laai of om te reël dat iemand hom oplaai nie, stap die roete saam met hom voor hy dit alleen doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is beter om ’n langer roete met bekende strate wat besiger is te volg as kortpaaie oor velde of deur verlate areas.”

Kinders moet ouers bel as hulle die huis verlaat en weer wanneer hulle by die maat se huis aangekom. As hulle in ’n onbekende roete stap, moet hulle op die uitkyk wees vir ’n polisie- of sekuriteitsbeampte en nooit met vreemdelinge praat of roetes vra nie. ”

Dale stel voor ouers oorweeg ADT FindU vir hul kinders.

“Dit sal jou kind se smartphone omskep in ’n persoonlike veiligheid- en moniteringstoestel. Hulle moet dit net aktiveer om die naspoor-proses te begin deur die foon te klop, skud of vryf om die noodsirtuasie aan te meld. Ons sal die gepaste reaksie inspan, insluitende gewapende reaksie, mediese bystand, of berg- en woestyn- of seereddingsdienste. Jy hoef nie na ’n bestaande ADT kliënt te wees om die diens te gebruik nie. ”
Winkelsentrums is baie besiger gedurende die vakansie en ’n gewilde kuierplek vir ouer kinders. As jou kind gaan fliek of vriende daar ontmoet, moet hulle aangemoedig word om hul besittings op te pas en uit te kyk vir mekaar.

“Besige winkelsentrums bied ’n uitstekende geleentheid vir sakkerollers. Hulle moet handsakke, beursies en selfone veilig hou. As hulle van hul maats geskei raak, moet hulle reguit na die winkel se inligtingstoonbank of sekuriteit gaan om hulp te vra.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.