Selfverbruining
As jy dadelik (of binne ’n paar uur), kleur wil hê en jy taamlik gemaklik is daarmee om selfverbruiningsprodukte aan te wend, is hierdie vir jou.
- Begin so week voor die tyd en skrop jou lyf en bevogtig, sodat jou vel nie droog is nie (wat kan maak dat die selfverbruining streperig is).
- Hoe meer jy meng en vryf, hoe beter is die kanse dat jy dit egalig aanwend.
- ’n Gekleurde produk is makliker om aan te wend, want dan kan jy sien waar jy meer of minder aangewend het.
- Was na die tyd dadelik jou hande met warm, seperige water.
- Wend dit saans aan nadat jy gebad of gestort het en dra donker nagkleure en wag so uur voordat jy in die bed klim.
- As daar strepe is, wend ’n lyfskrob aan die area en smeer nog ’n ligte lagie aan.
- ’n Getinte lyfroom kan ook help om strepe weg te steek.
Probeer hierdie produk:
Geleidelike selfverbruining
Hierdie produkte bevat minder van die bestanddeel wat kleur gee, en jou lyfkleur ontwikkel geleidelik. Foute is minder sigbaar en jy het meer beheer oor hoe donker of lig jy wil wees. Wend dit aan soos wat jy selfverbruiningsprodukte aanwend (nie soos lyfroom nie).
Probeer hierdie produk:
Getinte lyfroom
’n Goeie keuse as jy kleur wil hê, maar skrikkerig is vir selfverbruining. Hierdie is soos grimering vir jou lyf, en baie formules was ook nie af as jy swem nie.
Probeer hierdie produkte:
Lees ook: Die geheime agter sysagte bene