Foto: Jane Sews verskaf
Veelsydige items vir jou vakansietas deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Jane Sews
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kortbroeke is ’n moet vir dié somer, dit is die gemaklikste manier om koel te bly. Boonop is die style nou nie meer net geskik vir strand of hippie-feesgangers nie – die broeke is nou effens langer en kan selfs kantoor toe gedra word met ’n oorvoubloes en pakbaadjie. Kry jou inspirasie by Audrey Hepburn se 1967-kortbroek styl.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: 8 pakwenke vir jou vakansie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jy kan nooit te veel van dié staatmakers in jou kas hê nie. Dit pas by elke romp en broek wat jy dié somer moontlik kan dra. Ons dra dit nou al vir ’n tydjie onder ons dun bandjie-rokke en kamisole. Maar egter seker jy pak meer as een in jou vakansie tas aangesien dit maklik deur sweet en sonbrandolie kan verkleur.
Die dae wat die sarong al bedekking vir jou swemdrag was, is verby. Of jy nou op die strand of langs die swembad afkoel, ’n Kimono of oorgroot hemp is nou die nuwe manier waarop ons kan toemaak. Dit dien ook as ’n volledige uitrusting met ’n kortbroek en sandale. Die ander alternatief is ’n kaftan-item.
Ons is steeds verlief op die strooihandsakke en -mandjies wat die vorige seisoen vlamgevat het, en nou kan jy ’n strooihoed daarby dra. Wie kan die massiewe sonhoed vergeet wat Samantha Jones van Sex and the City gedra het? Boonop waarborg hierdie hoed jou beskerming teen die somerson.
Lees ook: Groot, groter, grootste strooihoede!
Verlede somer het eenstukswembroeke die swemtoneel oorheers. Die goeie nuus is dat hierdie styl nog lank op die voorgrond gaan bly. Dit is vleiend, elegant en dikwels selfs sexier as ’n bikini. Die gewilde keuses vir hierdie seisoen is die snitte geënspireer deur die tagtigerjare, afgerond met ’n gordel en versier met valle en in helder kleure.
Lees ook: Wees swembroekslim
Hierdie is ’n nuwe gunsteling as dit by haar-bykomstighede kom. Ons is almal mal oor ’n maklike en praktiese item in die vakansietyd en met hierdie kopbandstyl kan jy nie verkeerd gaan nie. Hierdie haarband kan wilde strandhare tem en ’n irriterende kuif vir ’n rukkie uit jou oë hou.
Lees ook: Die beste haarstyle vir die feestyd
Die strooimandjie was eens bekend vir sy doel op die strand en vir pieknieks, maar dien sedert verlede jaar al hoe meer ook as ’n handsak. As jy net een sak hierdie somer aankoop, laat dit ’n strooimandjie wees. Dit werk net so goed op die strand soos saam met ’n maksi-rok.
Lees ook: Jou nuwe somergunsteling: Strooimandjies
Die sonbrilstyl van die negentiger jare is terug. Hierdie piepklein neiging het al vir ’n geruime tydjie kop uitgesteek sedert bekendes soos Bella Hadid dit gedra het. Dus is dit tyd om vir eers die oorgroot sonbrille te bêre en vir jou ’n waagstukkie uit te soek.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.