kategorieë: Ons menseBekendes

Vaughn Lucas kom toets die waters in ‘Diepe waters’

Van 24 Junie maak hy sy buiging as André Jordaan in Diepe waters, die eerste keer in ’n geruime tyd dat hy weer op kykNET te sien is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

André is ’n jeugvriend van Jacques, en hy ken Jacques en Theresa van skooldae af. Ná skool was André oorsee om rugby te speel, maar hy’s nou terug in Suid-Afrika om vir sy pa se konstruksiemaatskappy te werk. Die vonke spat egter wanneer hy weer vir Jacques en Theresa sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vaughn, hierdie is jou eerste keer terug op kykNET ná Getroud met rugby. Waarmee was jy intussen besig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die laaste paar jaar is my tyd in beslag geneem deur optredes in verskeie Engelse en Afrikaanse film- en televisieproduksies, internasionale werk en ’n teaterstuk, Ruined, by die Mark-teater.

Vertel ons meer van jou rol as André.

André is Jacques se beste vriend van hoërskool. Alhoewel André ’n internasionale rugbyspeler geword het en Jacques ’n wêreldbekende swemmer, het hul band as twee “broers van verskillende ma’s” altyd sterk gebly. Maak nie saak wat die lewe na hulle kant toe gooi nie, hulle is altyd daar vir mekaar.

Hoe moeilik is dit vir jou om ’n geheim te hou?

As ek weet dat die bewaar van die geheim iemand sal beskerm, dan is dit redelik maklik om te doen. As dit egter skade sou veroorsaak om die geheim te hou, sal ek vra om liewer nie die bewaarder van die geheim te wees nie.

As jy aan die Olimpiese Spele kan deelneem, waarin sal dit wees?

As kind wou ek altyd in gevegskuns aan die Olimpiese Spele deelneem, maar toe ek op hoërskool en later universiteit was, was dit my droom om vir Suid-Afrika te roei.

Wat is jou planne vir die res van die jaar?

Ek het ’n hele paar sakebelange aan die gang, spesifiek huisverkope en verhurings in die Bryanston-omgewing, maar Suid-Afrikaanse gehore kan beslis verwag om vanjaar meer van my op hulle skerms te sien.

Wat is jou droomrol en teenoor wie sal jy graag wil speel?

Ek sal graag ’n held teenoor die Amerikaanse akteur Neal McDonough wil speel, want hy is ’n fenomenale, baie onderskatte akteur wat altyd sulke goeie skurke speel. Sir Christopher Lee is ongelukkig nie meer met ons nie, maar ek sou wat wou gee om enige rol teenoor hom te speel.

As jy nie ’n akteur was nie, wat sou jy wou doen?

Ek sou graag ’n mediese dokter wou wees, en wie weet, miskien sal ek eendag.

Diepe waters is van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Sestiende oes van ‘Boer soek ’n vrou’ op pad

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.