Haarkamme
Benodighede
Kam
Borduurgare
Knope
Bostik-gom
Metode
Borduurgare-kam: Sny stukkies (ewe lank) borduurgare van elke kleur en ryg dit tussen die kam se tande in. Maak ’n knoop aan die begin (voor jy begin ryg) en aan die einde om te verhoed dat die gare nie uitrafel nie.
Knope-kam: Neem die knope en plak dit op die kam met gom.
Kopbande
Benodighede
Lap of kant
Metode
Volg stappe 1 tot 7 op die foto. Om te verseker dat die kopband nie lostrek nie, stik die kopband goed aanmekaar vas (stap 6 en 7) met jou naaimasjien. Of werk dit met die hand aanmekaar.