Dit het nog nooit in my broek (of rok) gesit nie. Dié in die middel van die jaar wegbreek, vakansie vat, wegloop, wegkruip, pad vat. Hoekom grootmense vakansie moet hou elke keer as kinders vakansie hou kon ek nooit lekker kleinkry nie. Toe gebeur dit. Daardie gevoel wat hier teen begin Mei oor jou begin spoel en teen middel Junie op sy ergste is . . .
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lam. Moeg. Gedaan. Gaar. Op. Klaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Rigtingloos. Koersloos. Die pad byster.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Luister vir Carroll, dink ek en vat die pad.
Eerste stop: Barrydale se Diesel & Crème, daar waar die melkskommels milkshakes is, waar ’n hele stuk (of twee) red velvet koek in ’n grote glas verdwyn, waar een-twee-drie-vier goudgeel eendjies in ’n ry op ’n rak marsjeer en waar die eienaar uit die bloute ’n bord stomende, soet melkkos voor jou staanmaak. “Vanoggend gemaak. Proe.” Jy eet jou spanning stom en stoot aan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Padlangs, verby Ladismith op pad Gamkaskloof toe. Hel toe. Daar in die middel van die Swartberge hou ek (tot my reisgenote se vreugde) ’n paar keer op asemhaal. Die klowe gaap; ek verbeel my ek sien hoe die meester-ingenieur Thomas Bain en sy manne die skrikwekkende Swartbergpas se klippe een-een aandra; kruie dan tot heel onder by Freek en Martha se afgewitte huisie, lêplek vir die nag.
Slaap is min. Freek en Martha staan langs die bed, fluister vir my en almal wat al daar geslaap het. Vertel stories van swaarkry, lekkerkry en klaarkry. Verdwyn, skielik. Los my net daar, die hare in my nek en op my arms penorent. Ek groet graag, vra mooi dat hul net daar sal bly. In Die Hel.
Deur Prins Albert, op die rant van die Groot Karoo, Klaarstroom, Willowmore, Aberdeen en Graaff-Reinet. Colesberg toe. Dan, eindelik: Clarens. Die plek waar stadsjapies en kunstenaars kuier. Waar moeë ek, soos Carroll se Alice in Wonderland, myself skielik in ’n wêreld vol kreature bevind. Almal op soek na die sin in ’n sinnelose bestaan.
Dan gebeur dit, op die laaste aand in Raponsie se klein kasteel buite dié Vrystaatse dorp. Ek weet skielik weer wat Alice, Raponsie en soveel ander sprokies vir my (en ons) wil sê. Dalk is dit wat Freek en Martha ook wou fluister: dis presies hoe die wêreld is. Soms georden, soms op sy kop, soms realisties, soms ’n droom. Dit maak jou lam, moeg, gedaan, gaar, op en klaar. Skielik is jy rigtingloos, koersloos, die pad heeltemal byster.
Vat juis dan die pad, ’n ander pad, ontsnap uit jou toring en weet: “If you don’t know where you are going, any road will get you there.”
Bloemfontein. Beaufort-Wes. Worcester. Huis. Wie weet wat wag?
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.