kategorieë: Bekendes

Vaselinetjie se lokprent bekendgestel

Vaselinetjie (oftewel Helena Bosman) woon by haar liefdevolle ouma en oupa in ’n klein dorpie in die Noord-Kaap. Op 10-jarige ouderdom word sy na ’n weeshuis in Gauteng gestuur omdat sy wit is en nie haar bruin grootouers se biologiese kleinkind is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is 1993 en Suid-Afrika staan op die rand van onherroeplike verandering en soos die land transformeer, word Vaselinetjie ’n jong vrou.

Die weeshuis in Johannesburg is ’n vreemde, ongenaakbare en gevaarlike wêreld van skomgatkinders en kwaai koshuismoeders; van entjies rook, hare afskeer en planne maak om te whallap (weg te loop). Daar traak niemand hulle oor jou nie, en leer jy ook om jou oor niemand te traak nie. Dit is eers wanneer Vaselinetjie verlief raak op ‘Texan Kirby’, ’n aantreklike, vurige kinderhuisseun dat een van haar grootste uitdagings aangespreek word: Die waarheid oor haar herkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘Vaselinetjie’ is ’n film oor die soeke na identiteit en die lang oorlewingstog om te ontdek wie jy werklik is. Die film is ’n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alle struikelblokke te triomfeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die film is deur Corné en René van Rooyen tot draaiboek verwerk en Corné is ook verantwoordelik vir die film se regie. Saam was hierdie paartjie ook die medeskrywers en -vervaardigers van die film ‘Hollywood In My Huis’ wat in 2014 vrygestel is. René was die draaiboekskrywer en regisseur van ‘Mooirivier’ (2015) en Corné het die regie van ‘Sy Klink Soos Lente’ (2016) behartig.

Nicole Bond en Marguerite van Eeden maak onderskeidelik hulle silwerskermdebuut as die jong en ouer weergawes van Vaselinetjie Bosman. Die rolverdeling sluit ook in Arno Greeff, Elzet Nel, Elani Dekker, Marise Loots, Anchen du Plessis, Daniah de Villiers en veteraanakteurs Royston Stoffels en Shaleen Surtie-Richards.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

‘Vaselinetjie’, word op 22 September 2017 vrygestel.

Kyk hier na die amptelike lokprent

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

3 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

3 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

4 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

4 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

5 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.