Die vervaardiging van ’n rolprent gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie (Tafelberg) begin eersdaags. Boonop sal ’n tweede toneelstuk van die boek binnekort op die planke wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse Kanale, het dié aankondiging onlangs by die bekendstelling van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2015 in Kaapstad gemaak. Die fliek se regie sal deur Corné van Rooyen behartig word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Boonop is altesaam 12 leerders wat aan die 2014-toneelkompetisie deelgeneem het, gekies om saam met vier professionele akteurs in die tweede verhoogproduksie van Vaselinetjie op te tree. Shirley Ellis behartig die regie. Die stuk debuteer volgende jaar by die Stellenbosch Woordfees en sal daarna ook by Kunstekaap opgevoer word. kykNET, RSG en die Woordfees ondersteun hierdie projek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vaselinetjie, uitgegee in 2004, het ook in 2009 in Engels as My name is Vaselintjie verskyn en is tans voorgeskryf in Wes-Kaapse skole. Die boek is onder meer met die Rapport/Jan Rabie-prys, die M-Netprys en die ATKV-prys bekroon.
– Anoeschka von Meck –
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.