kategorieë: DieetGesondheid

Die onverwagte voordele van vas wat jy nie wil misloop nie

Die onverwagte voordele van vas wat jy nie wil misloop nie deur Salomé Delport. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 6 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Derde week, Maandag

Vanoggend is ek honger! Laaste happie was gisteraand halfnege. Ek moet dus hou tot 12h30. Ek het die naweek meer gefees as gevas, en eerder op ’n 14/10 vas gewees … dalk 12/12. Eintlik al van Vrydag af, toe ’n vriendin vroegoggend ’n boek kom afgee. Sy het nog nie ontbyt gehad nie en toe bied ek koffie en beskuit aan … en hap maar saam, al moes ek nog twee uur wag. Mens moet mos darem beleefd wees?

Verjonging as een van die voordele van vas

Ek kry dié van dr. Valter Longo, een van daardie celeb-navorsers wat werk op langlewendheid en die rol van vas as ’n hulpmiddel om lank en gesond te leef. Hy sê:

“Over the last 20 years, a tremendous amount of work has shown that, by reducing food intake to trigger a drop in levels of certain hormones, the body responds by regenerating healthy cells and getting rid of damaged or unhealthy ones.

Our bodies are like steam trains. When we burn our fuel to the very bottom of supplies we are better able to refueling to the max at the next station.

By emptying our body’s reserves occasionally, we are able to rebuild cells so that they are stronger and better able to withstand disease.”

Hy is eintlik ten gunste van ’n vyfdag vas – daardie een wat jy net sowat 2 000 kJ pr dag inneem vir vyf dae. As jy oorgewig is doen jy dit een keer per maand; as jy skraal is doen jy dit een keer per jaar.

Minder inflammasie as een van die groot voordele van vas

Ek tap dr. Mercola vir nog ’n bietjie inspirasie:

“While starvation triggers the cleanout process of autophagy and activates stem cells, refeeding triggers rebuilding, and for optimal health you really need both; hence, cycling between fasting and feasting is important.

The fasting mimicking diet lowers inflammation and inflammatory diseases, and reduces cancers by nearly 50 percent. Cognition and immune function are also improved.

Overall, the fasting mimicking diet reduces risk factors for diabetes, cardiovascular disease and cancer, and improves markers for aging.”

Om dit saam te vat: die proses van vas laat jou ontslae raak van jou ou selle, en sit nuwe, gesonde selle in hul plek. Boonop verlaag dit inflammasie, wat as die een groot oorsaak van veroudering en talle siektes beskou word.

En verbeel ek dit my of is die groot rooi knop op my pinkie (eerste tekens van osteoartritis, sê my dokter) kleiner? Dit is beslis nie seer nie. Ek kry niks op PubMed wat spesifiek kyk na die effek van vas op osteoartritis nie maar daar is baie, baie navorsing wat wys dat vasting inflammasie afbring. Osteoartritis is skade aan die gewrigte,  wat seer is as daar aktiewe inflammasie is. As ek vas verlaag ek dalk ook die inflammasie wat deel is van osteoartritis? Is dit dalk nog ’n voordeel? Of dink net ek so?

Verdere voordele van vas

  • Meer energie
  • Beter spysvertering (onthou om meer water op jou vasdae te drink)
  • Beter konsentrasie, veral gedurende die eerste twee derdes van jou vas
  • Die kans om gewig te verloor, veral as jy vastend oefen, is groter
  • Beter beheer van jou insulienvlak en eetlus

Ek dink ek gaan maar besig bly tot 12h30 …

Oor na jou

Watter voordele ervaar jy van die vasdieet, dink jy? Ek sal graag wil weet of enige van die vaspatrone artritis by jou verbeter?

Groete (met boegoetee in die hand) 

Salomé

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.