Hoe om ‘n vas rondom jou sosiale lewe in te pas

Hoe om ‘n vas rondom jou sosiale lewe in te pas deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 8 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om ‘n vas rondom jou sosiale lewe in te pas

Dag 6, Saterdag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe vas mens oor naweke?

Naweke is sosiaal – en sosiaal beteken etes en koffies en drankies. As jy ontbyt oorslaan is brunch en koffie ‘n probleem. Kuiers saans beteken gewoonlik dat jy eers laataand klaar eet – en soveel later die volgende oggend die vas kan breek. Dit moet nog moeiliker wees as jy so vas dat jy aandete weglaat. Hoe op aarde sosialiseer mens dan?

Deur die week is dit taamlik maklik om die 16/8 vas te volg. Oor die naweke verg dit bietjie fyntrap. So is daar ‘n basaar by die aftree-oord wat ons moet gaan ondersteun ter wille van familie, en my man nooi my vir pannekoek. Ons het die vorige aand teen aguur klaar geëet. Ek moet dus vas tot twaalfuur vandag. Ons ry elfuur. Gelukkig is die plek gepak, en teen die tyd dat ons pannekoek kry is dit halfeen. Die koffietafels is vol, en op die ou end is dit 13h00 voor ons by eet uitkom.

Dit is dus ‘n uur later as wat ek my vas mag breek. Maar dit pla my glad nie – glad en geheel en al nie.  Dit is die maklikste ding op aarde om ontbyt oor te slaan en om die vastyd ‘n bietjie te rek – as mens besig is. En, net soos al die vorige dae, is ek regtig nie onbehoorlik honger nie.

Die aand lewer die tipiese naweekroetine op: ons kuier saam met vriende. En soos dit met ‘n groepkuier gaan is ons eers teen 10h30 klaar geëet. Ek tel die ure in my kop af: middagete môre teen 14h30 …

Sjoe! Hoe gaan ek dit regkry? Die gesin kom eet môre by ons. Almal arriveer gewoonlik teen 13h00, en dan eet ons teen 14h00. Is dit erg as ‘n mens jou vas ‘n halfuur vroeër breek? Seker darem nie.

Dit was toe verbasend maklik. Niemand het eers opgemerk dat ek nie peusel aan die kaasbordjie vooraf nie.

Teoreties het ek net so lank as op elke ander dag gevas. Maar in mens se kop klink die eerste ete teen halfdrie baie erger as ‘n eerste ete teen twaalfuur, eenuur. Daarby dwing niemand jou om te eet nie – mense let beswaarlik op of jy iets eet of net water, tee of koffie drink nie. Dit wys jou net hoe baie van mens se denke oor vas, hongerte, etes en hoe dit ander mense affekteer in jou kop rondmaal, eerder as dat dit objektief gebaseer is.

Dit lyk my dit is taamlik maklik om die 16/8 vas by jou sosiale lewe in te pas. Ek beplan om vanaand (Sondagaand) vroeg klaar te eet, sodat ek Maandag weer by meer “normale” etenstye kan inval.

Oor na jou

Naweke is beslis ‘n uitdaging. Hoe maak mens as jy vas? Jy wil tog nie ‘n drama van jou vas maak as jy rondkuier of gaste het nie. Watter wenke het jy?

Groete!  (Gesondheid, weer eens!)  – Salome

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.