Kom vas saam met rooi rose! deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hierdie is artikel 1 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ons vas-as-leefstyl projek
“Skryf vir ons ’n artikel oor vas,” vra my kollegas.
Dit is al twee, drie jaar groot op die web en sosiale media. Al meer mense – van die randgemeenskappe met hul rare idees tot ernstige navorsers en almal tussen in – sê dit is supergesond. Duidelik is dit ’n sterk tendens. Dit kan net help om meer te weet.
Dus begin ek oplees en rondvra en uitvind. Soos ek verder ingraaf in alles omtrent vasdiëte raak ek al meer oortuig dat dit meriete het. Sommer baie meriete. Soveel meriete dat ek self behoort te vas …
Dit klink maklik genoeg. Niks te dink nie. Jy kies, meet, tel of weeg niks nie. Geen groen, oranje en rooilyste nie. Geen kosskaaltjies nie. En niks boekhou van hoeveel koolhidrate of kilojoules jy ingeneem het nie.
Al knoop is dat jy niks moet eet nie. Dit is die ding wat my vang …
Vas klink soos oneindige hongerly, net soos elke ander dieet. Regtig? Op hierdie stadium van my lewe?
Dit klink asof dit jou verleenthede kan laat oorkom, soos grommende maaggeluide – nie die regte ding as jy in ’n formele vergadering sit of klante spreek nie. En wat van floutes of ten minste duiseligheid weens lae bloedsuiker? Sal mens durf bestuur op ons paaie waar jy op en wakker moet wees – veral om spoedboetes te vermy?
Die tegniese gedeelte van wat jy mag en nie mag nie kan dalk eenvoudig wees maar die konsep klink nie lekker nie.
Wáárom doen mense dit? Wil hulle gewig verloor of gesonder leef? Hoekom dan nie maar net die gewone gebalanseerde, koolhidraat-gebaseerde dieet volg, soos wat die geregistreerd dieetkundiges normaal weg voorstel? En waarom is die bekeerlinge so entoesiasties? Wat lok hulle? Bring vasting een of ander euforie of spesiale beloning? Ek sal moet ondersoek instel. Dus begin ek vas en dagboek hou. (Wat joernaliste ook nie alles ter wille van die pen aanpak nie …)
Maar ek soek vastende maters, hoor! Laat weet as jy gaan saamvas? Maak die idee van vas jou bang? Hoekom wil jy vas? Wil jy gewig verloor? Of doen jy dit om gesondheidsredes? Of om ander redes? Vertel: Ons kan bymekaar leer.
Groete … met ’n glas suiwer, gesonde water in die hand. Salomé
As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.