kategorieë: DieetGesondheid

Van vas na fees: Gaan jy ooreet en vet word?

Van vas na fees: Gaan jy ooreet en vet word? deur Salomé Delport. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 7 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Woensdag, Dag 3

Dit voel asof gister maar net herhaal. Ek ry lekker fiets en eet laat ontbyt, sonder dat hongerte of lae bloedsuiker my pla.

Die middag lewer ’n klein foutjie op: ek val vir ’n sjokolade toe ek laatmiddag inkopies doen. Hmm, ja, ek het gefaal toe ek kos koop op die risikotye, soos oor middagete en laatmiddag net voor aandete.

Ek voel egter nie doodskuldig nie. Ek het ’n kleintjie gekoop – en die idee is mos dat ek maar net gewoonweg eet tydens die vry-eet ure. As ek nie gevas het nie sou ek vir seker ’n sjokoladetjie – my groot swak – geniet het. Net darem so een of twee keer per week.

Eet mense op ’n vas meer of minder as mense wat nie vas nie?

Maar vir seker is dit ’n feit soos ’n koei dat jy soos ’n os gaan lyk as na elke vas jou vergryp aan lekkernye. Maar gaan dit gebeur? Die navorsing sê dit is onwaarskynlik.

Verskeie ondersoeke wys dat mense wat gereeld vas juis ook minder eet in hul vry-eet tyd. Die jongste ondersoek deur dr. Kristina Varady van die Universiteit van Illinois in Chicago wat in Junie 2018 verskyn het wys dat mense op die 16/8 tydens hul vry-eet ure gemiddeld 1 400 kJ mínder geëet het as die kontrolegroep. Dit is eintlik heelwat minder.

Sjoe! Het ek?

Dr Michelle Harvie en prof. Anthony Howell van die Universiteit van Manchester skryf in ’n 2017 oorsigartikel in Behavioral Sciences dat daar ’n soort van oordrag effek is – as jy vandag minder eet, eet jy môre vanself minder. Hulle het bevind dat mense tot 20% minder op nie-vas dae eet.

Hopelik het ek in totaal minder geëet.

Wat om te eet terwyl jy nié vas nie

Ek het ook gelees dat vasters aangeraai word om te hou by die tipiese Mediterreense dieet wanneer hulle vry eet. Daardie mense eet mos darem ook lekker gebak?

Maar dit is logies dat vas nie ’n towerstaffie is nie. As jy ooreet en te  min oefen gaan jy gewig optel. Die navorsing wys eerder dat as mense wel gewig optel, is vas nie die rede daarvoor nie. Gereelde vas kan dit selfs makliker vir jou maak om minder te eet.

Ek vas nie regtig om gewig te verloor nie. Ek vas omdat dit potensieel gesonder is. As ek gewig verloor is dit ook gesonder – en ’n bonus. Maar ek wil tog versigtiger wees. Dr Harvie, wat ook die boek The Two Day Diet geskryf het, sê in hul artikel dat dit lyk asof mense wat koolhidrate op hul vry-eet dae beperk tog ’n bietjie meer vet verloor.

Terloops, die Mediterreense dieet behels baie groente, brood, kaas, olyfolie, eiers, vis en vrugte. Hulle drink ook matig wyn, gebruik botter matig en eet rooivleis een tot drie keer per week. Verder is stap deel van die kultuur en is die mense taamlik fiks.

Oor na jou

Vas jy om gewig te verloor? Gaan jy sjokolades en lekkernye uitsny? Wat is jou doelwitte, as jy vas?

Groete! Salome

Lees ook

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

6 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

16 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.