kategorieë: DieetGesondheid

Het ‘n vas nadele?

Het ‘n vas nadele?  Deur Salomé Delport. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 5 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vrydag Dag 5

’n Vriendin vra uit oor hoofpyn terwyl jy vas: Sy is ’n dieetkundige en sê hoofpyn is baie algemeen as jou bloedsuiker val, soos wat gebeur as jy vas.

Verskillende sienings oor hoofpyn en vasdiëte

Die alternatiewe terapeute sê hoofpyn terwyl jy vas is ’n teken dat jou liggaam besig is om gifstowwe uit te skei. Volgens hulle probeer jou liggaam jou teen gifstowwe beskerm. Daarom stoor dit gifstowwe in die vetweefsel, weggebêre waar dit geen skade doen nie. Maar wanneer jy so dieet dat die vetjies wegsmelt word die toksiese stowwe in daardie kilogramme vet vrygelaat in jou gestel, waar dit tipies hoofpyn veroorsaak en/of jou moeg en sleg laat voel. Die hoofpyne verdwyn soos jou liggaam die gifstowwe uitskei.

Ek het sover nie hoofpyn nie maar ek gaan lees op, en sien gou dat vas en lae bloedsuiker een van die wyd erkende snellers van hoofpyn en selfs migraine is. Daar is verskeie teorieë en hoogs tegniese verklarings daarvoor, soos die balans tussen die eksitore in die brein, depolarisasie, en so aan. Om dit te verstaan is vir die meeste van ons onnodig. Ons wil maar net beter voel.

Hoe vastende hoofpyn voel

Volgens ’n artikel in die Current Pain Headache Report ontwikkel sommige mense hoofpyn as hulle vas. Mense wat normaalweg maklik hoofpyn kry, is ook meer geneig tot hoofpyn terwyl hulle vas. Tot soveel as die helfte van vastendes kla van hoofpyn.

Hoofpyn ontwikkel gewoonlik eers na sestien uur van vas. Die regverdigbare afleiding is dan sekerlik dat mense op die 16/8 dieet ’n kleiner risiko op hoofpyn het as mense wat die 5/2 of die alternatiewe dag-vas volg. Die hoofpyn verdwyn binne 72 uur nadat mens weer begin eet. Volgens hierdie artikel ervaar mense hoofpyn terwyl hulle vas oor die voorkant van die hoof. Dit is meestal ’n dowwe, ligte, nie-kloppende hoofpyn.

As jy as deel van jou vas koffie en tee uitsny kan jy ook hoofpyn weens onttrekking kry.

Planne met hoofpyn terwyl jy vas

Vermoedelik is dehidrasie by die meeste van ons die onderliggende probleem. Dus is ekstra water die beste oplossing, eerder as ’n hoofpynpil.

Onthou, baie van jou daaglikse water kom uit jou kos. Vrugte en groente bevat baie water – rondom 80%! So 86% van ’n appel se volume (gewig ook) is water. As jy ’n appel eet wat min of meer so groot soos ’n koppie is, “drink” jy eintlik ’n driekwart koppie water. Ons tel dit nie as water nie en drink dan nog sowat 1,5 liter water per dag. Terwyl jy vas is daar nie kos wat water kan bydra nie. Daarom moet jy nou eintlik meer water drink.

Is daar ander nadele aan vas?

Nie eintlik nie, behalwe dat jy kan honger voel en buierig kan wees, veral nader aan die einde van jou vastyd. Jou konsentrasie kan dan ook swakker wees. Die enigste ander nadeel is dehidrasie.

Oor na jou

Kry jy hoofpyn as jy vas? Watter soort vas volg jy? Help dit as jy bietjie meer water drink? Laat weet hoe jy dit ervaar?

Groete (en gesondheid!) Salomé

Lees ook

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.